Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 27

2 3 4
1 Johann met boerbok 2 Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die jaar beoordelaars : Johanné Rossouw ( Agri Wes-Kaap ), Ninon MacKinnon ( arbeidspesialis ), Louis Wessels ( voorsitter : RPO Wes-Kaap ), Louis Jonker ( streeksbestuurder : Santam Landbou ), Adri Esterhuyse ( Landbou-ekonoom : ABSA ). 3 Johann met beoordelaar Louis Wessels 4 Johann met beoordelaar 5 Plaas 6 Christoff ( 3 ), Johann , Madelé en Cara ( 1 ) 7 Plaas
en uitbreiding wat die plaas die afgelope paar jaar gekenmerk het , was van die aspekte wat die beoordelaars beïndruk het , sê Kosie Loubser , voorsitter van Agri Wes- Kaap se Jongboerkomitee .
Johann se pa , Christoff , het die plaas in Augustus 2008 gekoop . Na sy afsterwe in Maart 2009 het ’ n bestuurder die toue bymekaar gehou , tot Johann in Desember 2011 die bestuur van die plaas oorgeneem het .
Hy is die oudste van vier kinders en die enigste seun . Hy het drie susters Elzeri , Lize-Mari en Cara-Lee , maar vertel dat hy al van sy kinderdae gedroom het van boer , toe hy naweke saam met sy oupa op die plaas deurgebring het .
Johann se doeltreffende bestuur by elke boerderyvertakking op sy plaas en die groei en uitbreiding wat die plaas die afgelope paar jaar gekenmerk het , was van die aspekte wat die beoordelaars beïndruk het , …
“ Ek is in Ermelo gebore , maar ons het egter die grootste deel van my grootwordjare in Middelburg , Mpumalanga gewoon . Ek het my hoërskoolloopbaan by HTS Middelburg voltooi .”
Johann het aanvanklik BCom ( Landbou Ekonomie ) begin studeer , maar die geleent heid om te kom boer , het hom voorgedoen en hy moes ’ n moeilike keuse maak . Dit is egter nou duidelik dat ’ n man maar jou hart kan volg ; die resultate kom vanself .
Johann boer die afgelope agt jaar op Hoëkraal Landgoed met jerseykoeie , Dohne merino ’ s , kuilvoermielies , hawer , saadkoring , gars en ontbythawer . Hy het besluit om met boerbokke ook te boer , om die onbenutte weiding in die klowe doeltreffend te benut .
“ Met die behulp van tegno logie , kan beter bestuurspraktyke toegepas word en sodoende meer effektief en doel treffend geboer word .”
Tans melk hulle ongeveer 1100 jerseykoeie en het 2000 Dohne merino-ooie , 450 boerbokke en graangewasse . Hy vertel : “ In die toekoms sal ek graag die melkery wil uitbrei , want die ander vertakkings is op volle kapasiteit . Met die behulp van tegnologie , kan beter bestuurspraktyke toegepas word en sodoende meer effektief en doeltreffend geboer word .”
Johann vertel dat hulle van 1 Julie hul melk aan Fair Cape lewer . Die vleis ( hetsy skaap , bokke en beeste ) word deur verskeie veeagente bemark . Hulle lewer graan aan Bester Voere en vleis aan GWK .
Johann sê : “ Ek glo vandag se jongboere is innoverend , passievol , doelgerig en probeer hulle deurentyd verbeter en vernuwe op die ongelooflike fondament en voorbeeld van boerderypraktyke , wat die vorige generasies en leermeesters gelê het . Die jongboer speel ’ n baie groot en waardevolle rol in ons land se voedselketting om genoegsame , goeie kwaliteit voedsel te lewer en in die voortdurende aanvraag na
voedsel te voorsien . Dit moet gebeur in ’ n omgewing wat konstant verander en met beperkte hulpbronne .”
Johann sê hy sien kans vir enige dag in die boerdery omdat hy die beste bestuurspan het . “ My arbeidsmag is my belangrikste bate en sommige werkers is al hul hele lewe op die plaas . Met die beste bestuurspan sien ek kans vir enige dag in die boerdery .”
Hoëkraal Landgoed het ’ n totale span van 40 mense wat Johann insluit . Hy vertel dat hy oorhoofs verantwoordelik is vir die plaas , maar na die beste van sy vermoë by alles betrokke is . Sy vrou doen al die administratiewe werk . Johann en sy vrou , Madelé , is vyf jaar getroud en het twee kinders Christoff ( 3 ) en Cara ( 1 ).
Tans melk hulle ongeveer 1100 jersey koeie en het 2000 Dohne merino-ooie , 450 boerbokke …
Drie bestuurders is sy regterhande : Herman du Preez – hoofmelkerybestuurder , wat verantwoordelik is vir die daaglikse melkroetine en die kudde se gesondheid . Johan Zwiegelaar – assistent-melkerybestuurder , wat al die buitewerk behartig , wat onder meer die grootmaak van verse en weidingsbestuur insluit .
“ Ons meet elke week die weiding om die droë materiaal te bepaal en te verseker dat die koeie genoegsame weiding kry om te vreet ,” vertel Johann .
Derdens is daar Benje Victor , die meganisasie- en kleinveebestuurder , wat verant-
5 6 7
Plaastoe ! July 2017 25