Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 26

P PROFIEL 1 JOHANN NEL HOËKRAAL LANDGOED Jongboer-wenner hou kundiges se advies na aan sy hart, skryf Maryke Roberts. J ohann Nel (30) van Hoëkraal Landgoed is onlangs as die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar aangewys. Die plaas by Suurbraak buite Swellendam lê teen die Langeberge, digby die Tradouwspas. Johann het vier ander finaliste, naamlik Cornel Landman van Karoo-lusern buite Oudtshoorn, Danie Viljoen van Lushof buite Prince Alfred’s Hamlet, Gert Joubert van Meulrivier in die Bo-Kammanassie en Sias Reynolds van Kamferskraal buite Beaufort- Wes, uitgestof. Die spanning onder die finaliste van die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar was sigbaar by die spog prys­ Agri Wes-Kaap Santam Landbou JONGBOER VAN DIE JAAR 24 Plaastoe! July 2017 uit­deling in Durbanville. Johann lag nou as hy terugdink aan die beoordeling op die plaas weke tevore. “Ek was op my senuwees en sou graag meer tyd saam met hulle wou spandeer om meer van ons bedrywighede aan hulle te wys en behoorlik te verduidelik. Ek dink die beoordelaars het ’n moeilike taak gehad om al die finaliste te beoordeel. Ek hoop wel die totale boerdery was vir hulle goed, omdat ons streef om ’n netjies- geordende boerdery te bedryf. “Net om in aanmerking te kon kom om genomineer te word, was vir my ’n groot kompliment en eer. Dit het my laat besef dat dit ’n geleentheid om te groei bied en ek myself aan ander boere en leiers in landboupraktyke kan meet.” Volgens die beoordelaars, Johanné Rossouw (Agri Wes-Kaap), Ninon MacKinnon (arbeidspesialis), Louis Wessels (voorsitter: RPO Wes-Kaap), Louis Jonker (streekbestuurder: Santam Landbou) en Adri Esterhuyse (Landbou-ekonoom: ABSA), was die vyf kandidate vanjaar weer besonder sterk. Johann se doeltreffende bestuur by elke boerderyvertakking op sy plaas en die groei