10
10 Landskroon Maturation Cellar
“KWV het baie hanepoot- en muskadel
produkte van daardie era. Ander portkulti
vars wat toe én nou nog gewild is, is tinta
barocca, souzão, touriga nacional en
tempranillo. Ons vlagskip is die Cape Tawny
port - geen ander produk van KWV, het al só
baie toekennings ontvang nie.”
KWV het oor die jare al ’n gros trofees
ingepalm. Anneke sonder die Veritas
Produsent van die Jaar 2011-2015 waarvan
port altyd deel is, as ’n persoonlike
hoogtepunt uit en vertel dat die hoogste
prys wat ’n KWV-port al behaal het, ’n
Veritas Dubbel Goud was.
Sy vertel dat KWV se grootste
uitdaging rondom die hernoeming
van portwyn die afgelope agt jaar,
die opvoeding van verbruikers was.
Dawie Botha, wynmaker by Anthonij
Rupert-wyne, vertel dat oorlede Anthonij
Rupert die eerste port in 1983 gemaak en
hoofsaaklik souzão-druiwe gebruik het. Die
plaas maak steeds net een portwyn, die Late
Bottled Vintage (LBV) en gebruik touriga
nacional- en souzão-druiwe. Die LBV word
slegs plaaslik in uitgesoekte wynwinkels en
ook in hul proelokale verkoop.
“Ons het ons eie druiwe van L’Ormarins
van 1983 tot 2005 gebruik, maar die wing-
erde is toe as gevolg van rolblad uitgetrek.
Van 2013 tot 2015 het ons por tstyl wyn inge-
koop, maar ons is tans besig om weer nuwe
portkultivars op L’Ormarins te vestig.”
Dawie sê die grootste uitdaging met die
hernoeming van portwyn en die bemarking
van dieselfde produk onder ’n nuwe naam,
was dat die mark gewoond was aan “port”
en die term LBV (Late Bottled Vintage),
nie so algemeen bekend is nie. “Goeie
bemarking en ’n bewusmaking was vir ons
die deurslaggewende faktor,” vertel hy.
Die Hollanders het vroeg in die 1800’s
begin om port op Allesverloren te maak,
vertel Wilhelm de Vries, wynmaker
van Allesverloren. Die druiwe kom van
Allesverloren en ook van Middelpos, wat
aan die eienaar, Danie Malan se broer, Chris,
behoort. Allesverloren maak een portwyn,
die Fine Old Vintage en dit verkoop fluks in
die plaaslike mark en word ook grotendeels
na Duitsland uitgevoer.
Aanvanklik het die landgoed die kultivar,
pontak, gebruik vir port, maar vandag
gebruik die span tinta barocca, touriga
nacional, souzão, tinta francesca, tinta
amerella en touriga francesca. Danie sê
van al die toekennings wat hulle oor die
jare ingepalm het, is die drie wat hulle die
meeste koester, die Generaal Smuts-trofee
wat hulle twee maal verower het, die SA
Kampioen ’n allemintige 17 keer en die
Diners Club Winemaker of the Year.
Ook op Grundheim buite Oudtshoorn,
loop port en die plaas se geskiedenis al
meer as 100 jaar saam. Grundheim het drie
portwyne: Cape Ruby (jonk en vrugtig), Cape
Vintage 2012 (fluweelagtig met geure van
ryp kersies en donker sjokolade) en Cape
LBV 2009 (donker en ryk).
Dys Grundling, die huidige
wynmaker op die plaas, vertel:
“Hier word al sedert die vroeë 1900’s
port gemaak.”
My oupa, OJ Grundling, het vroeërjare aan
die Union Wines op Oudtshoorn gelewer
en my pa, Danie, het die Grundheim-
handelsmerk in 1994 gestig, wat uit ’n reeks
van twee soetwyne en ’n port bestaan het.”
Aanvanklik is cinsaut gebruik, vandag
word ’n kombinasie van Portugese kultivars,
tinta barocca en touriga nacional, vir
Grundheim se portwyne gebruik en die
Cape LBV is tans die vlagskip. Dit word vir 4
tot 5 jaar in klein vaatjies verouder.
Al die druiwe vir hul portwyne kom van
die plaas Sandkoppies, waar Grundheim
geleë is. Dys sê die EU-regulasies het nie ’n
groot invloed op die plaas gehad nie, want
hulle is baie klein in die portmark en die
meeste van hul gebottelde portvoorraad
word op die plaas verkoop.
“Ons is baie trots op ons Michelangelo-
toekenning waar ons al ’n dubbelgoud en die
SANW-trofee vir die beste Ruby en SANW-
trofee vir die beste rooi port ontvang het.”
Louis van der Riet, wynmaker by De
Krans, vertel hulle het aanvanklik net tinta
barocca gebruik, tot touriga nacional aange-
plant is. Dit het nou die hoofkomponent in
die Vintage en Vintage Reserve geword.
Later het tinta amarella, tinta roriz en sou-
zão ook bygekom. Hul vlagskip is die De
Krans Vintage Reserve, volgens Louis, wat
sê “dit is die beste wat ons kan maak en dit
word ook net gemaak in oesjare wanneer
ons voel die wyn goed genoeg is om te bot-
tel. Die wyn is ’n seleksie van al die beste rye
in die beste blokke touriga nacional, tinta
roriz en tinta barocca. Ons gebruik slegs
druiwe van die plaas af vir ons port.”
Hy sê dat hy geweldig trots is op hul
insluiting in die nuutste Top 100-wyne.
Die CAPPA Uitdaging 2017 word tans
deur ’n uitgelese beoordelaarspaneel
beoordeel en die wenners word later bekend
gemaak. Plaastoe! berig aanstaande maand
meer oor die wenners en gesels ook met
sjefs oor hoe hulle portwyn en kos pas.
Plaastoe! July 2017 23