Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 24

is . “ Die druiwe was ook bedoel om shiraz te wees , maar toe die wingerde in 1976 / 77 begin dra , kom hulle agter dis tinta barocca . Dis hoe die portbedryf in Calitzdorp begin het ,” vertel hy .
Hul eerste port is in 1977 gebottel en verkoop . Sommer dadelik het die tinta barocca as port en wyn floreer .
Mike Neebe gebruik touriga nacional ( die raamwerk ), tinta barocca ( sap ) en souzão ( kleur ) en sê hy het die plesier én pyn van 11 oeste , waaronder ’ n draai in die Douro , op sy kerfstok . Sy portwyne word plaaslik en internasionaal verkoop . Hy sê produsente het jaarlikse toekenningsgeleenthede . “ Elke keer as een van my kollegas of gerespekteerde beoordelaars my wyne goed genoeg ag vir toekennings , versterk dit net my dryfkrag om voort te gaan .”
… wat min mense weet , is dat sommige produsente die druiwe met skoon , kaal voete trap - met nie veel klere aan nie !
Rijk Melck van Muratie-landgoed buite Stellenbosch sê port is al in 1927 op die plaas deur GP Canitz gemaak . Destyds is shiraz , ruby cabernet , tinta barocca , tinta roritz , souzão en tinta francesca gebruik , maar vandag gebruik die wynmaakspan tinta barocca , tint roritz , tinta francesca , souzão en touriga nacional .
Hy sê sedert Suid-Afrika nie meer die term “ port ” mag gebruik nie , het hy besluit om Cape Vintage en Cape Ruby te gebruik . Hy vertel dat hulle die naamsverandering gelukkig oor die proelokaal-tafel met besoekers kan bespreek . “ Die wynbedryf as ’ n geheel - Wines of South Africa ( WOSA ) ingesluit - het werklik nie baie energie daaraan spandeer nie . Ek vind die twee name wat ek gekies het , maklik om aan die besoeker te verduidelik .”
Hoewel die historiese proelokaal op die plaas , waar spinnerakke op horingou bottels al op duisende toeriste se kameras vasgevang is , oortrek is met toekennings , sê Rijk dat hulle nie hul portwyn doelgerig maak om trofees in te palm nie . “ Ons fokus hard op snoeitegnieke , ook om die wingerde korrek op te lei en gedurende die groeiseisoen te versorg .”
Muratie se port is plaaslik baie gewild , maar gaan ook in klein hoeveelhede na Europa .
“ Port is ’ n belangrike deel van die SA wynbedryf , omdat dit al so ’ n lang geskiedenis in Suid-Afrika het en ek dink die klimaat dra daartoe by dat ons uitstekende port hier produseer ”
Rijk sê dis nou agt jaar sedert die ooreenkoms met die EU onderteken is , maar Portugal is nou nóg strenger oor hul handelsmerk .
Landskroon-wyne buite die Paarl is al vir dekades bekend vir hul Cape Vintage Port . Paul de Villiers , keldermeester , het in 2000 die Diners Club Wine Maker of the Year Award ontvang vir sy 1997-port . Hy is tans die vyfde generasie op Landskroon en ook die vyfde Paul de Villiers om daar wyn te maak . Hy vertel dat daar al vir bykans 70 jaar port op die plaas gemaak word .
“ In die vyftigerjare het my oupa ( Paul 3 ) in samewerking met die KWV , portkultivars begin aanplant . Ons het toe in die daaropvolgende jare baie port vir KWV gemaak . Die kultivars wat aanvanklik aangeplant is , was : tinta barocca , malvasia rey , tinta francesca , souzão en tinta roriz . Vandag gebruik ons tinta barocca , tinta amarella , touriga nacional en souzão .”
Alle druiwe kom van die plaas af en die wingerdblokke se ouderdom wissel so tussen 10 en 20 jaar .
Die landgoed het een portwyn in hul portefeulje , die Landskroon Cape Vintage , ’ n versnit van die vier kultivars , tinta barocca , tinta amarella , touriga nacional en souzão . Hy vertel dat hul port meestal binnelands verkoop word , maar daar gaan ’ n paar palette na België , die VSA , China , Duitsland Tanzanië , Bulgarye en Kroasië .
Paul sê portwyne “ is ’ n noodsaaklike deel van die SA wynbedryf , omdat dit al so ’ n lang geskiedenis in Suid-Afrika het en ek dink die klimaat dra daartoe by dat ons uitstekende port hier produseer ”.
Paul sê vir Landskroon was die grootste uitdaging met die hernoeming van portwyn , die feit dat produseerders “ heeltemal in die steek gelaat is deur die EU wat belowe het dat daar fondse van hulle kant sou kom om die bemarking van ’ n nuwe Suid-Afrikaanse naam te help vestig . Daarvan het niks gekom nie en dit bly moeilik om ’ n nuwe naam in die mark te vestig ”.
Hy glo die feit dat Suid-Afrika moes wegdoen met die portbenaming , het tog ’ n invloed op die voortbestaan en groei van port in Suid-Afrika gehad .
Die plaas se kaggelrak staan toe onder die trofees en medaljes wat hulle oor die jare ingepalm het . Paul vertel dat hul 1997-port in 2000 uitstekend gevaar het en in dieselfde jaar het dié port vier trofeë ingepalm . “ Hiervan was die Diners Club seker die grootste .”
Anneke du Plessis , KWV se wynmaker wat na die gefortifiseerde wyn-portefeulje omsien , vertel dat KWV in 1918 gestig is en hulle vandag nog gebottelde produkte het , wat terugdateer tot 1929 . “ Wat hierdie produkte besonders maak , is dat dit so ideaal verouder het , dat ons dit vandag nog vir kompetisies kan inskryf .”
Vandag is daar twee portsoorte in hul porte feulje : Cape Tawny en Cape Ruby .
5 6 7
8
9
5 Muratie 6 Paul de Villiers , Landskroon 7 Anneke du Plessis , KWV 8 Danie en Dys Grundling , Grundheim 9 Dawie Botha , L ’ Ormarins
22 Plaastoe ! July 2017