Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 23

plaas het meer SA Kampioen Port- en Veritas Dubbelgoud- en 5-ster Platter- toekennings oor die afgelope 15 jaar as enige ander kelder opgelewer. Hulle spog met 18 5-ster Platter-toekennings, 24 Veritas Dubbelgoud-medaljes en hulle was tien maal die SA Jongwynskou se SA Kampioen Port. Carel Nel, eienaar van Boplaas, sê port word van 1982 onder die Boplaas- handelsmerk gemaak. “My pa, Danie, het tinta barocca in 1971 geplant, nadat hy gedink het dit is shiraz (hy was een van die min mense in Calitzdorp wat toe rooiwyne geniet het, ander persone was brandewyndrinkers). De Krans het ook in 1973 tinta geplant. Boplaas en De Krans het toe saam wyn gemaak onder Hoë Krans Wynmakery.” Carel sê hulle het aanvanklik tinta barocca gebruik, nadat die eerste touriga nacional eers in 1993 in Calitzdorp geplant is. Nou gebruik hulle ook souzão, tinta roriz, touriga francesca en verdelho (vir wit portwyn). “Sowat 90% van ons druiwe kom van ons plaas en ons koop ook van Stellenbosch en Swartland aan.” Carel was in 2000 die voorsitter van The Cape Port Producers’ Association (CAPPA) toe die kennisgewing van die EU opdaag. Hy vertel die lede het verskeie vergaderings en dinkskrums gehou en toe besluit op die benaminge Cape Ruby, Cape Tawny en so meer. “Die Ruby- en Tawny-style was reeds aan die verbruiker bekend en die woord “Cape” is eie aan Suid-Afrikaanse wyne,” vertel hy. Boplaas verkoop heelwat portwyn plaaslik en voer ook uit na sewe lande. Boets Nel, eienaar van De Krans Landgoed op Calitzdorp, is nog een van die portbedryf se kampioene. Die plaas het 11 agtereenvolgende 5-ster Platter- toekennings en twee SA Kampioen 2 3 Port-trofees in 2012 en 2014 by die SA Jongwynskou behaal. Die naamsverandering het De Krans ook nie regtig geraak nie, omdat verbruikers lank voor die woord “port” verdwyn het reeds vertroud was met die style en die woord ‘Cape’. Hy vertel: “Ons het die naamregulasies reeds sedert die laat-negentigs sien kom. Ons is reeds sedert 1970 verbied om die ‘p-woord’ vir uitvoere na Europa te gebruik. Daarom het ons al sedert die vroeë 1990’s die woord “Cape” voor die styl begin gebruik - om seker te maak ons portwyne word nie verwar met die port uit die Douro nie. Port word op sommige Suid- Afrikaanse wynplase al sedert die 1800’s gemaak en Boplaas word as die land se kampioen- portmaker beskou. “Die ooreengekome datum van 1 Januarie 2012 - alle port wat voor dit gebottel en gesertifiseer is, kon as port verkoop word tot voorrade uitgeput is - het ons laat besluit om sommer baie 2010 The Last Cape Vintage Reserve Port magnums net voor Kersfees 2011 te bottel. Dis tydens die laaste Wyn- en Spiritusraad se proe voor Kersfees (vandaar die naam) goedgekeur, só ons sal hulle nog ’n hele paar jaar hiermee irriteer,” vertel hy met ’n vonkel in sy oog. Boets vertel: “Ons kon darem ook met die EU onderhandel dat ons die styl-benamings soos Cape Ruby, Cape Vintage ook in Europa mag gebruik (wat nuwe markte vir ons geopen het), nadat ons aan die EU se spesiale komitee met fakture en etikette bewys gelewer het dat ons hierdie benamings reeds sedert die vroeë 1990’s gebruik het.” Plase soos Allesverloren op Riebeek-Wes het ook nie die hernoeming van portwyn as struikelblok ervaar nie. Danie Malan, eienaar en vorige wynmaker, sê: “Die bemarking van dieselfde produk onder ’n nuwe naam, was nie vir Allesverloren ’n uitdaging nie. Ons is in die bevoorregte posisie dat die Allesverloren-handelsmerk bekend genoeg is om dié verandering te hanteer.” Ander wynmakers voel egter die naamsverandering het port se groei gestuit en iets wat ’n integrale deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is, se toekoms belemmer. Mike Neebe, eienaar van Axe Hill buite Calitzdorp en huidige voorsitter van CAPPA, sê die grootste struikelblok om nou portwyne internasionaal te bemark, is die afwesigheid van die finansiële hulp wat die EU beloof het. “Ons het die voorskrifte letterlik gevolg, maar daar is nog geen teken van daardie geld nie. Intussen worstel ons met ’n vierletterwoord, soos Michael Fridjhon, ons dilemma beskryf.” Die stories van hoe portkultivars op ons plase beland het, het sy eie bekoring. Margaux Nel, Boplaas se wynmaker, vertel haar oupa, Danie, het jare gelede in die Swartland gereis en die lekkerste shiraz gedrink. “Hy het besluit om shiraz aan te plant en het die kwekery laat weet dat hy stokkies benodig. Ná ’n paar jaar maak hy toe lekker shiraz-wyn. Met dié is my pa, Carel, Stellenbosch Universiteit toe om sy wynkundestudies te begin en een vakansie toe hy terugkom ná sy kultivar- identifikasieklasse, sê hy dat Calitzdorp shiraz niks soos Stellenbosch shiraz lyk nie. “Ná die vakansie neem hy van die blare en trosse na sy professor. Die shiraz van Calitzdorp is toe nie shiraz nie, maar tinta barocca. My oupa-hulle het aanhou wyn maak van die tinta barocca, maar toe ook begin port maak.” Boets lag en beaam dié storie van die shiraz wat toe eintlik tinta barocca is. Hy vertel dat hul eerste portdruiwe (tinta barocca) in 1973 deur sy pa, Chris, geplant 4 1 Nels, Boplaas (vorige bladsy) 2 Boets Nel, De Krans 3 Wilhelm de Vries, Allesverloren 4 Mike Neebe, Axehill voorsitter Cappa (foto: karl shoemaker) Plaastoe! July 2017 21