Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 22

In die onlangse 10 Year Wine Awards van Winemag.co.za, skryf die beoor- delaars dat twee baie respek­tabele portstyl geforti­fiseerde wyne van Boplaas en Bredell, spesiale vermel- ding verdien. “Hierdie soort wyne het dalk nie ’n groot verbruiker-aan- hang nie, maar is bewys daarvan dat Suid-Afrika dit uitstekend maak en hulle is natuurlik, gebou om te hou.” I n die pas aangekondigde National Wine Challenge Top 100-wyne, het Boplaas Familiewingerde buite Calitzdorp se wyne ’n driekuns behaal, maar dis die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 wat uitstaan met sy dubbele platinum-toekenning en aanwysing as die Grand Cru National Champion Best in Class. Hierdie klassieke Cape Vintage Reserve is gemaak van touriga nacional, tinta barocca en souzão. De Krans se Cape Vintage Reserve 2014 tel ook onder die Suid-Afrikaanse wynbedryf se 100 beste wyne. Alhoewel hierdie styl so goed presteer, sal dit in 2020 twee dekades wees sedert die Europese Unie (EU) die Suid- Afrikaanse portbedryf ingelig het dat hulle moet afstand doen van die benaming “port”. Dis vanjaar agt jaar sedert die landbouhandelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die EU onderteken is en sedert 1 Januarie 2012 word alle portwyne wat in Suid-Afrika gemaak word, onder die Kaapse voorvoegsel, gevolg deur die toepaslike styl, gebottel. Sedertdien word die term “port” deur die EU beskerm en verwys dit net na wyne van die Douro-vallei in Portugal. Port is ’n gefortifiseerde wyn - saam met jerepigo, sjerrie en muskadel - wat gemaak word deur ’n deel druifspiritus of brandewyn, by die wyn se produksieproses te voeg. Die spiritus word bygevoeg voor die fermentasieproses voltooi is, wat die wyn die natuurlike soetheid van die druif laat behou en dit ryk, volrond en sag op die tong maak. Die portwingerde in die Douro-vallei in Portugal was in 1756 die eerste wetlik afgebakende wingerde in die wêreld. Volgens Taylor’s se webwerf, die bekende Port-huis in Portugal wat in 1692 gestig is, is die eerste skeepsvragte met wyn onder die naam “port”, in 1678 aangeteken. Hoewel die wyne in die binneland in die Bo-Douro- vallei produseer word, kry port sy naam van die kusdorpie, Oporto, vanwaar dit tradisioneel verskeep is. Tot laat in die 20ste eeu is die wyn op die Douro-rivier vervoer in spesiale bote met die naam barcos rabelos, en dan in die porthuise in die ou stadskern geberg, waar dit verouder, versny en gebottel is. Daarna is dit dan verskeep. Tradisionele kultivars wat in port gebruik word, sluit onder meer tinta roriz, touriga nacional, touriga franca, tinta barocca, tinto cão en tinta amarela in. Ná die naamsverandering, produseer die plaaslike wynbedryf Cape White, Cape Pink, Cape Ruby, Cape Tawny, Cape Late Bottled Vintage (LBV) en Cape Vintage en Cape Vintage Reserve. Port word op sommige Suid- Afrikaanse wynplase al sedert die 1800’s gemaak en Boplaas word as die land se kampioen-portmaker beskou. Die TEKEN IN op ons maandelikse Plaastoe! nuusbrief en staan ’n kans om een van drie De Krans- wynlandgoed op Calitzdorp