Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 19

16 17 18
16 , 17 , 18 Daar is ook koedoes , buffels en sitrus .
ding . Om ekonomies met grond te werk , is ʼn ander storie . As jy nie ekonomies met hom kan werk nie , kos hy jou geld en maak hy jou baie vinnig finansieel dood . Dus sien ek nie ʼn plek vir radikale transformasie nie . Die regering put nou tydelik wins uit populistiese uitsprake eerder as wat dit iets in werklikheid beteken . Jy moet eers die grondwet in die land verander . En of die ANC die vermoë , of die wil het om dit te doen , weet ons nie . Maar dat hulle die wêreld vir ons uitdagend gaan maak , is beslis so .”
Die Oos-Kaap se twee grootste sosiale uitdagings tans is werkloosheid en die gepaardgaande armoede . Sitrusboerdery is naas die motorbedryf die grootste werkverskaffer .
“ Indien jy radikale transformasie toepas en dit faal , sit jy met enorme werkloosheid . En ek is nie seker of die regering aptyt vir daardie kaliber probleme het nie . Oor vyf generasies gaan seker 40 persent van landbou in swart hande wees . Oor 10 dalk 80 persent . En dit gaan nie ʼn issue wees nie . Hy wat wil boer , gaan boer . Die nuwe geslag se koppe werk anders . Hulle wil ʼn toekoms en sekuriteit hê . Baie kom uit goeie skole en is hoogs intelligent . Dit waaroor ons geslag ons koppe breek , gaan hulle nie hul koppe oor breek nie .”
Wat ek wel my kop oor breek , is hoe om my geliefde uit die Casa Mia se helende hande te kry . Teen hierdie tyd is haar toonen vingernaels van voorbladgehalte . Haar alle spiere soepel . Rugstring reguit . Ek kry selfs glimlaggies sonder die belofte aan oesters en sjampanje . Maar sy is nog nie gereed om te vertrek nie . Ek kry haar egter daar weg met ʼn groter belofte . Wat van ʼn oornag by een van die Oos-Kaap se grootste en luuksste jagplase ?
Maar op pad gooi ons ʼn draai by die Kirkwood Wildsfees se kantore om met Johan Swart te gesels . Die idee aan die wildsfees het met ʼn draai na hom gekom en hy verduidelik die res .
“ In 2000 het ek op die Toerismeforum gedien . En elke keer moes ek berig oor agritoerisme . En elke keer het ek niks gehad om te sê nie . Eendag is ʼn groepie van ons op ʼn rivierboot en ek sê vir die voorsitter , “ Marietjie , wat moet ek doen om iets te kan sê oor agri-toerisme ?” En sy sê , “ Hoekom hou julle nie ʼn fees nie ? Alle dorpe het deesdae feeste .” Met dié hardloop daar ʼn duiker deur die duine . Een van die manne roep , “ Kyk daai duiker !” ʼn Ander een laat weet , “ Ek ’ t nie geweet hier ’ s wild in die duine nie .” Toe ek die woord ‘ wild ’ hoor , sê ek ‘ wildsfees ’.
Dit is natuurlik een ding om die woord ‘ wildsfees ’ te sê , maar ʼn storie van ʼn anderste water om een aan te bied .
“ Ek het met baie mense hieroor gepraat . Die meeste het my afgeraai . Ons het selfs ʼn studie laat doen om te kyk wat die lewensvatbaarheid van ʼn fees in Kirkwood is . Onomwonde het hulle gesê daar ’ s geen moontlikheid vir só ʼn fees nie .”
Kirkwood het net een petrolstasie en daar ’ s net dit en daar ’ s nie dat nie . En beslis nie genoeg mense om na die fees te trek nie . Wat wel in Kirkwood se guns getel het , was die feit dat die dorpie Addo se hoofsetel is . En almal weet waar Addo is .
“ En so het die Addo Park ons onmiddellik ondersteun met ’ n veiling en R40K as borgskap aangebied . Ons leen toe nog R2000 en daar laat loop ons .”
‘ Loop ’ is miskien nie die regte woord nie . ‘ Kruip ’ is dalk nader aan die waarheid .
“ Dit was soos hulle sê , ‘ Rob Peter to pay Paul ’. Die kunstenaars en dié en daai moes betaal word . Maar ons het nie die geld nie . Nou speel een van die musikante klaar en ek hoor ons moet die man R1000 betaal . Dan hardloop ek na die hek toe om te hoor of daar genoeg ingangsgeld is . Die hekpersoneel tel die geld uit en ek betaal hom . En daar speel die volgende een .”
Tydens daardie eerste fees het 4500 hekbetalers gehelp om die kunstenaars te betaal . Die volgende jaar verdubbel die getal . Die volgende jaar weer .
Iets soos 750 mense word rondom die fees in diens geneem .
“ En so het dit verdubbel en verdubbel en verdubbel tot waar ons nou by die 45 000 mense trek . Mense wat van heinde en verre kom . Uit Pretoria en Kaapstad , Oos-Londen en natuurlik Port Elizabeth . Die ekonomie speel natuurlik ’ n rol met die getalle , maar sover loop dinge mooi .”
Die wildveiling bly een van die fees se grootste bronne van inkomste met ʼn gemiddelde omset van ongeveer 10 miljoen rand per jaar .
“ Verlede jaar was ʼn uitskieter met ʼn omset van 26 miljoen rand , waarvan ons vyf persent kommissie kry . Boonop is ons gelukkig om elke jaar van Addo se buffels te kry . Gesogte buffels , omdat hulle siektevry is . Tans het ons 60 vir vanjaar se veiling . Onder hulle is twee besondere menere met horings wat 42 tot 43 duim meet . En dit is groot vir ’ n Addo-bul . Addo gaan vanjaar ook ’ n klompie bergsebras aanbied .”
Maar dit is nie net die feesgangers en wildkopers wat op Kirkwood kotiljons nie . “ Iets soos 750 mense word rondom die fees in diens geneem . Omtrent al die omliggende en billike gastehuise is vol . En die ander plaaslike besighede soos die restaurante , winkels en slaghuise doen goeie besigheid .”
Ek klim terug in die bakkie . Giselle se oë blink .
“ Ek is nou só reg vir daai koedoefilet , ek kan my lag nie hou nie !”
Maar Arthur Rudman se spogplaas Blaauwkrans met sy duisende koedoe en talle dassies wat vroegoggend in die bome ontdooi en die filet en die grootste versameling trofeë wat ek nog gesien het , sal moet wag tot volgende maand .
Plaastoe ! July 2017 17