Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 18

13 14 15 13 Addo Nasionale Park se klein skepsel met die groot gees 14 En heelwat groter 15 En die grootste tans ongenooid en mildelik in elke Suid- Afrikaner se skoot val. “Die uitdaging wat rommelstatus vir ons inhou, is die effek wat dit op arm mense gaan hê. Jy moet eerstens jou produsente uitsorteer, maar belangriker is om jou omgewing stabiel te hou en sosiale opheff- ing van stapel te stuur. Wanneer jy rommel- status slaan, kry jy dadelik ʼn dwarsklap. Jou omgewing word onstabiel weens armoede. Jou opheffingsprogramme ly daaronder. Daar word vir jou al hoe meer hekkies op- gesit. Soos die koste van kapitaal. Alhoewel banke sê daar gaan nie ʼn vermeerdering in rentekoerse wees nie, gaan daar beslis 16 Plaastoe! July 2017 minder geld wees om te leen en minder mense wat gaan belê.” Rommelstatus is egter nie die sitrusbe­ dryf se grootste uitdaging nie. Likiditeit is wel. Omdat geldbeskikbaarheid wêreldwyd vandag hoër as ooit tevore is. “Dus kan handelaars en invoerders en verbruikers koop. Die probleem is wanneer daardie geld opdroog.” Die volgende stel risiko’s is die be­ skerm­ings­maatreëls wat deur sekere lande op ander afgedwing word. En die populisme wat toenemend as politieke magsinstrument misbruik word. “Populisme en proteksionisme loop hand aan hand. Voor Trump het ons verwag om toegang tot die VSA te kry, maar daai toegang is nou van die tafel af vir 4 tot 8 jaar.” Beide populisme en proteksionisme is natuurlik nie vreemdelinge in ons wenende land nie. Gee die Europeërs ons ʼn dwarsklap met ʼn volstruis-filet, snotklap ons hulle terug met ʼn hoenderboud. Maar dit is ons regering se populistiese uitsprake met betrekking tot radikale transformasie waar die kalf oor die put se rand wankel. “Sou ons nou deur ʼn periode van radikale transformasie gaan, gaan die geskiedenis homself herhaal. Om grond te kry, is een