Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 16

12 12 Op pad buiteland toe Kategorie. Ter selfregverdiging: Nou hoor jy van ʼn tronk waar die inwoners boer en wat sien jy in die geestesoog? ʼn Klompie tronkvoëls wat op grawe leun en kyk hoe miserabele aartappels en uiwe en vrot tamatieskywe aan die lewe klou? Reg? Verkeerd! Kyk na Kirkwood Korrektiewe Dienste se produkopname vir die 2016/17 finansiële jaar: Melk – 586 000 liter, lêhoenders – 120 000 dosyn eiers, vleisbeeste en boerbokke – 47 000 kilogram en groente – 2 087 000 kilogram. En dit ten tye van die afgelope droogte. Ja, die natuur verrinneweer tronkboere netso. Skryf Johan: “Die boerdery-aktiwiteite in Korrektiewe Dienste ondervind baie van dieselfde uitdagings as die gewone bestaans- en kommersiële boere. Droogte, ongediertes en veediefstal is seker die grootste bedreigings. Die knaende droogte wat tans in die Oos-Kaap ondervind word, het hier ook ʼn groot impak gehad en die produksiesyfers is baie laer as wat in vorige jare ondervind is. Byvoorbeeld, groente en eiers was onderskeidelik 89 000 kg en 14 000 dosyn minder.” … gevangenes word besig gehou wat dan ook bydra tot die vermindering van bende-aktiwiteite. Volgens Johan dra die landbou-aktiwiteite by tot die rehabilitasieproses deurdat gevangenes gebruik word as arbeid en in die proses sekere vaardighede aanleer en ondervinding opdoen. 14 Plaastoe! July 2017 Johan: “Die spreekwoord sê, ‘Ledigheid is die duiwel se oorkussing,’ en gevangenes word besig gehou wat dan ook bydra tot die vermindering van bende-aktiwiteite. Die gevangenes wat arbeid verrig, kry ook ʼn minimale bedrag elke maand en dit bring ook die begrip tuis dat jy moet werk om geld te verdien. Voorts word daar ook van tyd tot tyd kursusse aangebied vir die gevangenes in landbouverwante rigtings. Ons is van mening dat daar ʼn redelike mate van sukses behaal word met die rehabilitasie van gevangenes wat in die Landbou- afdeling werk.” “Die Sondagsriviervallei is die plek in die wêreld wat heel moontlik die beste suurlemoenproduksie gee. Natuurlik skiet sommige misdadigers dieper en permanenter tronkwortels as die groenteplante, maar Johan het die teenvoeter. “Die toegewydheid van die landbouper­ soneel op Kirkwood dra by tot ons sukses. Van hulle het ʼn gesindheid van eienaarskap. Hierdie gesindheid veroorsaak dat hulle bereid is om ʼn ekstra myl te stap en meer te verrig as wat eintlik van hulle verwag word. Die resultaat hiervan is dat Kirkwood onder die top plase in die departement het. Van ons Bonsmara-bulle is al oorgeplaas na plase in Gauteng om die gehalte van daardie kuddes te verhoog.” Dit is egter nié net met die bemag­ tigings­inisiatiewe waar dinge oop en toe loop nie. “Die Sondagsriviervallei is die plek in die wêreld wat heel moontlik die beste suurlemoenproduksie gee. Ons tonnemaat per hektaar en gehalte is die hoogste ter wêreld. En dit maak vir baie groot investerings oor die afgelope klompie jare in grond en suurlemoene. En daarmee saam kry jy die wêreld se belangstelling omdat verbruik geweldig toegeneem het as gevolg van sitrus se gesondheidsvoordele,” so sê Hannes de Waal, SRCC se besturende direkteur. Sitrus is vandag ʼn verskriklike groot globale bedryf, omdat verbruike deur die dak geskiet het Soos in die geval van die meeste bestu­ rende direkteurs is Hannes ʼn indrukwek- kende man gesetel in ʼn imposante raadsaal. Hy lyk ook sommer gesond. Een van die belangrikste lande waar sitrusverbruik toeneem, is jammerlik ook die land waar die onwettige gebruik van ons rooilys perlemoen, ivoor en renosterhoring dieselfde doen. China. Maar dié land bly belangrik vir ons ekonomie. “Vir ons sal China nooit te groot word nie, daar is net te veel mense. Die probleem daar is egter die baie fitosanitêre hekkies waaroor jy moet spring om jou vrugte daar te kry.” Fitosanitêre beperkings kom daarop neer dat wanneer jy enige landbouprodukte uitvoer, die invoerder wil weet watter lewende of dooie organismes op die vel, of binne-in die produk teenwoordig is wat daardie land se produksie weer negatief gaan beïnvloed. “Sitrus is vandag ʼn verskriklike groot globale bedryf, omdat verbruike deur die dak geskiet het namate bevolkings toegeneem het. Dieselfde met appels en