Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 15

10 11 9 Bella is Kirkwood Korrektiewe Dienste se voorbok. 10 Kirkwood Korrektiewe Dienste is met reg trots op hul produkte. per dag van die plaas af klaskamer toe waar hulle opleiding in hul eie taal deur middel van die rekenaar kry.” Dit klink alles goed en wel. Maar ook hier is daar ʼn kuttel in die suiping. Die regering besit steeds die grond. “Die mense moet eintlik die wetlike eienaars van die grond word. Ons baklei nog en hopelik gaan ons hom eendag wen. Maar die besigheid is hulle sʼn.” Die grootste gevolg van rommel­ status is die styging van koste. Ek hou my lyf duiwelsadvokaat en wonder hardop of dié benadering nie straks beter is nie. Wat van die herhaaldelike gevalle van batestroping? Onthou daardie hoenderplaas wat sy oorspronklike 64 000 hoenders verloor het as slaggoed en aan mishandeling. Om nie van die melkplaas met sy R2 miljoen se hek te praat nie? Ken: “Die idee was nooit dat die staat die grond moet besit nie. Dit is nie transfor- masie nie. Dit is nasionalisering. As ʼn man sy grond wil verkoop, moet hy dit mos kan doen.” Frikkie spring ook in: “Ons betaal die staat ʼn billike huur vir die grond. Maar indien die regering bang is die grond word uiteindelik deur die nuwe eienaars verkoop, kan hulle ʼn reg op eerste weieringklousule inbou. Daar is meganismes om te keer dat die grond weer in wit hande beland. Want dit is waarvoor die regering bang is.” Ken: “Wat ons probeer doen, is om die bemagtigdes te oortuig dat hulle hier ʼn ontsettende waardevolle bate het – tussen R800K en R900K per hektaar vir ʼn gevestigde plaas - wat vir hulle en hul kinders en kleinkinders jaar na jaar ʼn goeie inkomste sal gee.” Die verkoop van die grond is dus die korttermyn- en dom opsie. Hierdie begunstigdes is egter nie onder kransaasvoëls uitgebroei nie en in plaas daarvan om hul grond van die hand te sit, koop hulle eerder ʼn vyfde plaas. Ken: “Van die begin af het die boerdery baie goed gevaar en die bemagtigdes het nie dividende geneem nie, want hulle wou hul eie grond koop. En toe kom daar ʼn geleentheid in 2012 en hulle koop ʼn stuk grond teen 11-miljoen rand. Hulle het 7 miljoen gehad en die balans geleen. Die skuld is binne twee jaar terugbetaal. Ons het die vestiging van die nuwe boorde in drie fases verdeel en het aan die begin van hierdie jaar die laaste fase geplant.” SRCC het besef bemagtiging en transformasie is ons verantwoordelikheid. Soos Hannes en die ander suksesvolle sitrusboere in die vallei, moet bemagtig­ ings­boere hulself ook teen die ewigteen­ woordige risiko’s verskans. En Suid- Afrika se rommelstatus is bloot een van die maaifoedies. Ken: “Die grootste gevolg van rommel­ status is die styging van koste. Ja, ons inkom- ste styg met die dalende wisselkoers, maar invoerkoste styg ook. Draai die ekonomie en die rand versterk, gaan die invoerkoste nie verminder nie, omdat verskaffers nooit die pryse weer laat daal nie. Dus bly jou koste dieselfde, maar jou inkomste val.” Frikkie: “Ons het verskeie variëteite en nie almal sal op dieselfde tyd deur iets negatief beïnvloed word nie. En ons vervang jaarliks drie persent van ons boorde en probeer by daardie siklus bly. Verder mik bemagtigingsboere definitief na ekonomie van skaal. Die nuwe plaas wat die manne bygekoop het, het ons onder suurlemoene geplant, omdat hulle suurlemoenmandjie redelik klein was.” Die belangrikste ding omtrent Ken en Frikkie wat byval, is hul ideologiese entoesiasme. Amper asof dit vir hulle ʼn geloofskwessie is. Ken: “SRCC het besef bemagtiging en transformasie is ons verantwoordelikheid. Ons sit met ʼn baie suksesvolle bedryf in die vallei en is omring deur armoede. Daarom wil ons hê almal om ons moet in ons sukses kan deel. En in die langtermynoorlewing van ons bedryf is dit die regte ding om te doen. Ons gaan werk skep en die plaaslike ekonomie stimuleer. As ons dit nie doen nie, gaan die regering dit beslis nie doen nie.” Dit is miskien so. Daar is egter ʼn staats­ in­stelling wat wel poog om werk te skep en die plaaslike ekonomie op indirekte wyse te stimuleer. En hierdie instelling is niks anders as Kirkwood Korrektiewe Dienste nie. Alhoewel die gevangenis my nie persoon- lik op die perseel wil hê nie (vryskutskry­ wers was nog altyd as van twyfelagtige in- bors beskou), is Johan Gerber bereid om met Plaastoe! oor die kuberruim te gesels. Terloops, ek moet eers bieg. Flagrante vooroordeel was nog altyd ʼn toppresteerder in my Swakste Karaktereienskappe Plaastoe! July 2017 13