Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 14

7
8
7 Frikkie Olivier en Ken Nieuwenhuizen maak bemagtiging moontlik . 8 Vandag se nuwe suksesvolle boere 9 Nuutbemagtigde suurlemoenbome
“ Hier is baie bemagtigingsinisiatiewe . Ons is van die leierareas in die land .”
Die touleiers van hierdie bemagtigsinisia tiewe is die SRCC se Ken Nieuwenhuizen en Frikkie Olivier . Beide beskik oor indrukwekkende jopname . Frikkie is Operations Manager : Primary Production , terwyl Ken as Director : Transformation & Development die septer swaai . Ons loer in op een van die bemagtigingsplase .
Ken verduidelik : “ Hierdie bemagtingsplan het in 2007 begin en ons het ʼn stelsel gevolg waar die regering die grond gekoop het . Daar is vier plase gekoop wat nou ʼn eenheid is en ons noem dit Sundays River Trust . Die 27 begunstigdes was almal oorspronklik werkers op daai plase . Ons het ook ʼn bedryfsmaatskappy gestig wat deur die trust besit word . Hulle is volwaardige lede van SRCC en dus word die oes en verpakking onder andere vir hulle gedoen .”
“ Hier is baie bemagtigingsinisiatiewe . Ons is van die leierareas in die land .”
Die grootste uitdaging was om die 27 begunstigdes almal geletterd te kry .
“ Uit die oorspronklike 27 was maar agt geïdentifiseer met bestuurspotensiaal . Die groot uitdaging was dus om die ander op ʼn vlak te kry waar hulle in ʼn klaskamer kan sit en leer . Dis een ding om te sê ons gee opleiding , maar as die man nie kan lees en skryf nie , beteken die klaskamer niks nie .”
Die manne kan nou al lees en skryf , maar hulle moes tot ʼn heelwat hoër vlak vorder om in ʼn klaskamer doeltreffend te wees .
“ Hulle is volwaardige lede van SRCC en dus word die oes en verpakking onder andere vir hulle gedoen .”
“ In die verdere kursusse wat ons aanbied , speel rekenaars ʼn groot rol . Maar dit vat lank . Ons neem die ouens vir so twee uur
9
12 Plaastoe ! July 2017