Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 13

4 5 6 1 Groengoud aan die boom 2 Habata se suurlemoene wat mindere sterflinge nie sommer gaan eet nie. 3 Spekbome maak plek vir uit­ voer­sitrus. 4 Hannes Joubert maak seker ʼn hoë bestuursvlak word gehandhaaf. 5 Een van SRCC se kranige klaslopers 6 Hannes Joubert op pad na die grasvelde in die noorde. Met ander woorde: hulle was trekgereed. Hulle het net ʼn rede gekort om te trek.” Maar die Oos-Kapenaars se halstarrigheid was nie net ʼn boereding nie. “Toe bring ou Lord Charles Somerset die Britse Setlaars hierheen. Nou kyk, Somerset het mos die kolonie soos ʼn keiser regeer. Maar hy het nie kop met die inkommers gehou nie. Die spulletjie was Europees en het van persvryheid geken. … die streek se produksie van gemiddeld 22 miljoen 15 kg-uitvoerkartonne per jaar … Kort voor lank begin hulle die Grahamstown Journal en werk Lord Charles se gal. Toe maak hy die koerant toe. ʼn Week later begin die manne ʼn nuwe koerant onder ʼn ander naam.” Hannes se string plase heet almal Habata. Met nommers toegedien om tussen hulle te onderskei. “Die eienaar voor my was ʼn Dorfling. Hy het tydens die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika geveg en het op ʼn kol in die woestyn verdwaal. Ná dae se dorstige swaarkry, kom hy uiteindelik by ʼn oase aan met die naam Habata. En met sy terugkeer, koop hy die lappie grond en doop dit dieselfde.” Habata was so óók Hannes se kleinbegin­ redding. “Ek het tot 1996 deeltyds geboer en vol- tyds ʼn loopbaan in die sitrusbedryf gevolg. 20 jaar gelede het ek voltyds kom boer en aansienlik uitgebrei.” Met die streek se produksie van gemid­ deld 22 miljoen 15 kg-uitvoerkartonne per jaar en standhoudende water komende uit die Garieprivier- en Visrivierstelsels, kan sitrusboere omtrent nie verkeerd trap nie. Boonop is die Sondagsriviervallei Suid-Afrika se grootste suurlemoenpro- duserende gebied met sitrusuitvoere na Europa, die Midde- en Verre-Ooste. Selfs Rusland is lief vir ons soet en suur. Natuurlik grom uitdagings immer net buite die agterdeur. “Hoë insetkoste, swak pryse, die wissel­ koers en arbeid is altyd maar ʼn groot pro­ ble­matiese komponent wat goed bestuur moet word. Dan is daar natuurrampe. Die afgelope jaar het ons baie vrugval op die nawels ervaar; veral veroorsaak deur wis- selvallige temperature gedurende die lente- maande.” Hannes kortwiek die risiko’s deur strat- egies te dink, sy kultivars oordeelkundig te kies en deur die handhawing van ʼn baie hoë bestuursvlak met duidelike doelwitte. Puik besproeiingskedules en onkruidbeheer­ stelsels is kardinaal. Habata is ʼn goeie voorbeeld van klein begin en groei na ʼn ekonomie-van-skaal- boerdery. “Jy moet eers vertikaal uitbrei en jou grond en bates so ekonomies moontlik benut. Totdat jy nie dit reggekry het nie, maak dit nie sin om horisontaal uit te brei nie. Ja, die ekonomie van skaal werk goed, maar dit verhoog natuurlik ook jou risiko. Jou bestuursinsette moet dan natuurlik soveel beter wees.” Volgens Hannes bly daar egter plek vir die kleiner boer in die Sondagsriviervallei, omdat die Sundays River Citrus Company (SRCC) sy plaas namens hom sal boer terwyl hy sy potjie elders krap. Met lopende koste om bloot die boorde aan die gang te hou en te oes van tot R100K per jaar saamgegooi met insetkoste om nuwe boorde te vestig iewers tussen R150K en R200K, en dit sluit verpakkingskoste uit, is dit dalk nodig om vir eers aan jou dagjop te klou. Om Habata teen risiko’s te verskans en ʼn bestendiger kontantvloei te skep, produseer Hannes jaarliks 12000 ton pitlose waatlemoene en 6000 ton spanspek. “Laasgenoemde, tesame met botterskorsies, oes ons gedurende die somermaande. Dus is ons die hele jaar besig. En kan ons, ons arbeidsmag van 200 permanente en 1000 seisoenwerkers konstant hou die hele jaar.” Ten spyte van onverantwoordelike poli- tieke uitsprake wat tot langtermynonseker- heid lei, bly die vallei se sitrusboere positief. Plaastoe! July 2017 11