Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 12

“ Jy besef natuurlik vandag is die tiende ,” sê-vra Giselle onverwags . Nogal gelaai . Verbeel ek my , of hoor ek ʼn slang baie naby sis ?

Dulcie , ons betroubare Hilux , se snoet mik in Kirkwood se rigting . Plakkerskampe en rommel en hopeloosheid begroet ons langs die pad . Mense dolende met pakkasies op die koppe . Kinders speel tussen die alomteenwoordige plastieksakke en leë blikke . Hopeloos verdwaalde honde snuffel op soek na iets wat die mensdom gemis het , of nie bereid is om te eet nie . Giselle se blik bly op die haglikheid .

Op die tiende van dese vier ek en my beminde ons vyfde kysherdenking . En op dieselfde dag verlede jaar het ek plegtig belowe ons sal hierdie jaar Lüderitz-oesters op ʼn idilliese plek teen die woestynkus eet . Oesters , haar gunsteling-vastestof . Vergesel van Franse sjampanje , haar gunsteling-vloeistof . “ En nou sit ons hier ...” My oorle ouma Malie het my omtrent vele ongenaakbare werklikhede ingelig , maar die belangrikste was : Mors met ʼn vrou se verwagtings en jy ’ s so na aan jou Heilandsontmoeting as wat jy kan kom . Dus het ek ʼn plan in my paljasbuidel gehad .
Die meisie by die winkel op Swellendam waar ek die vorige dag skelmpies oesters gekoop het , het hulle onbehendig met die stompkant van ʼn vleismes oopgemoker . Hier en daar klou stukkies skulp aan die vleis vas , maar wat . Die mooiste pêrels word mos deur irritasies gefatsoeneer . Hopelik liefdespêrels ook . Die Franse sjampanje is nie heeltemal Frans nie . Maar Frans genoeg vir ʼn vryskutstorieboer se begroting .
Die ontvangsdame by die Casa Mia Health Spa & Guest House buite Kirkwood knipoog wulps . En gee my die kamersleutel .
Ons stap binne . Blomme op die tafels . Koue vonkelwyn in ʼn piouterbak . Tot ʼn borrelbad . Ja , die alomwetende Marlene het vir ons die wittebrood-suite bespreek . Ek skink die vonkelwyn en sit die agt oesters voor my beminde neer . Die verrassing op haar gesig . Die teerheid in haar oë . “ Ag , jy hoef dit nie te gedoen het nie !” Natuurlik ‘ hoef ’ ek . Ek mag ʼn boks wees , maar ek is nie ʼn leë doos nie . Vir ʼn oomblik – net ʼn oomblik – is die verslonsde takhaar Giselle se gunsteling-man .
Kirkwood is dan ook 80 kilometer van die kus af en beswaarlik ʼn 100 meter bo seespieël . Dus subtropies en hoogs geskik vir sitrusboerdery .
Om middernag dwing die Franse valswyn my amper om haar om die hand te vra . Maar ek is kopsku . Ek het voorheen probeer . By daardie geleentheid het sy my lank en indringend aangekyk en geantwoord , “ Sal jy met iemand soos jy trou ?”
En ek het ten hemele gejubel . Die skielike wete dat Giselle die vrou van my drome is , het soos verkwikkende water deur die hellevuur van my binneste gestroom . Omdat ek nooit so laag sal daal as om met ʼn vrou te trou wat nie bereid is om met my te trou nie . Selfs ék het minimum vereistes .
Op die oog af is Kirkwood ʼn vaal en verwaarloosde dorpie . Soos baie in die Oos-Kaap . Slaggate . Oorvol snellende taxi ’ s wat hulle nie ontsien nie . Krioelende hordes beur doelgerig na nêrens . ʼn Bergie vra of ek vir Jesus ken . Vir ʼn oomblik voel dit asof ek in ʼn Johannes Kerkorrel-liedjie vasgevang is .
Kirkwood moet egter nie op sy baadjie getakseer word nie . Gesetel in die hartjie van die Sondagsriviervallei , is die dorp die Oos-Kaap se sitrushoofstad . Volgens kenners kan hierdie titel nasionaal wees .
Die Sondagsrivier het sy oorsprong in die Kompasberge ( die hoogste berge in die Kaapprovinsie ) naby Nieu-Bethesda en vloei vir 250 kilometer as die vinniglopendste rivier deur die Zuurberge , verby Kirkwood tot waar dit die oseaan naby Port Elizabeth ontmoet .
Kirkwood is dan ook 80 kilometer van die kus af en beswaarlik ʼn 100 meter bo seespieël . Dus subtropies en hoogs geskik vir sitrusboerdery .
Prentjiemooi met netjiese boorde , valleie en berge . En ondenkbaar die wete dat in hierdie omgewing oor die eeue baie bloed gestort is . Teen die tyd toe die 18de eeu sy rug op die verlede gedraai het , was die Sondagsriviervallei die oostelike grens van die Kaapkolonie . En een van die min gebiede waar bykans al Suid-Afrika se etniese groepe in opstand teen mekaar was .
Hier het Boesman en Xhosa die lemme teen mekaar opgeneem . Boesman , Khoekhoe en Xhosa saam teen Boer en Brit . Boer en Brit teen mekaar .
Gʼn wonder die Groot Trek het in hierdie breër omgewing begin nie .
Hannes Joubert is ʼn sitrusboer en Oos- Kapenaar tot in sy laaste nawel en hy kry sy vertelling op spoed , “ Jy moet dit só verstaan . Die ou boere wat hier aangekom het , was reeds oproerig , omdat hulle van die Britse juk ontsnap het . Nou kom hulle hier aan en die wêreld is nie gemaak vir veeboerdery nie . En die oumense was mos maar veeboere . Toe kom haal die Engelse hulle hier ook in en daar trek die span weer
3
10 Plaastoe ! July 2017