MARKtoe! September 2014 Uitgawe 9 | Page 9

LANDBOU So rewolusionêr as wat die ploeg op sy tyd was, so is nou glo sy verdwyning. Hierdie paradigmaverskuiwing in die manier waarop die wêreld sy stapelvoedsel soos koring en mielies verbou, word bewaringslandbou genoem. Bewaringslandbou, met sy geen- of minimumbewerkingspraktyke, is nou al so twee dekades in die Swartland gevestig, en is besig om die norm te word. Maar betreklik min mense buite landboukringe weet regtig iets oor die onderwerp. Deur Schalk van der Merwe (M. Phil Omgewingswetenskap (UCT); B. Hons Filosofie (US) MARKtoe! September 2014 9