MARKtoe! September 2014 Uitgawe 9 - Page 17

LANDBOU Swartland - oorsprong van naam: Natuurlike landskap vertoon histories swart a.g.v. renosterveld-veld-tipe (Swartland se inheemse ‘fynbos’) met sy dominante renosterbos (Elytropappus rhinocerotis). Area is bekend vir: Vandag is daar ongeveer 2% natuurlike renosterveld oor, en is dit een van die mees bedreigde veldtipes. Renosterveld is veral ryk aan geofiete (irisse, orgideë, lelies, ens.), waarvoor die Darling-area wêreldberoemd is. Berge in die area: Kasteelberg, die Darlingheuwels, Paardeberg Belangrikste dorpe: Malmesbury, Moorreesburg, Darling, Riebeek-Wes en RiebeekKasteel. Sleutel- ekonomiese aktiwiteite: Landbou - (~27.1% van werksgeleenthede) Vervaardiging lewer grootste bydrae aan die BPP-R (GDP-R) Finansiële Dienste Erika Hanekom is ’n legendariese Dormer-teler wat gereeld pryse en toekennings vir haar Rhenosterbosrug-stoetery, buitekent Malmesbury, verwerf. LANDBOU-AKTIWITEITE: WINGERDE: droëlandwingerde en -kultivars Riebeek-Vallei - SA se voorste Shiraz-streek en port word ook hier aangeplant Darling Heuwels - beste Sauvignon Blanc terroir in SA Malmesbury - Paardeberg areas - SA se duurste wyne. Sluit in Eben Sadie en Sadie Family Wines (Columella, Palladius), AA Badenhorst en Babylons Peak GROENTE: Groot bydrae tot Kaapstad se groentevoorsiening Riebeek-Wes – tamaties TAFELMIELIES, nuwe gewas (onder besproeiing aangeplant) Darling – aartappels Hortikultuur: kwekerye, uitrol-gras Abbotsdale – Tygerfonteinkleinhoewes Darling – Duckitt Orchid Nursery VEETEEL: gemengde boerdery met voergewasse aanvullend aangeplant WOLSKAPE: (Merino’s en Dohne Merino’s) MELKBEESTE: (Jersey en Holstein) – Darling (Lentefris), Riebeek-Vallei, Malmesbury, Paardeberg (Blaauwberg Dairy Farms) KARKASPRODUKSIEBEESTE – Nguni INDUSTRIËLE BOERDERY – Varke, hoenders, braaikuikens, volstruise Swartland produseer 60% van alle vark in Wes-Kaap Darling - “Free range”-vark, Waylands-plaas Malmesbury – volstruisslagpale Swartland -volstruise Hoenderbedryf skuif vanaf Kaapstad na Swartland Country Fair, Tydstroom HEUNING: Noordwes Darling / Hopefield fynbosheuning Grond ongeskik vir gewasse Benut bewaarde fynbos WILD: Redelik beperk in Swartland a.g.v. hoë landboupotensiaal-grond wildplase op N27 (Weskuspad) Malmesbury – bevolking van paar honderd wilde takbokke BOSBOU: geen kommersiële bosbou nie Indringers word as vuurmaakhout verkoop VISSERYE: Beperk tot Yzerfontein Yzerfontein – sleephelling KOMMERSIËLE FOKUS – Harders en Josefsvis (nette) / Snoek en Tuna (lyn) MARKtoe! September 2014 17