MARKtoe! September 2014 Uitgawe 9 | Page 16

LANDBOU deur Debbie Loots Wanneer ek en my man die N7 van die Kaap af vat, draai ons nooit af Malmesbury toe nie. Ons is altyd op pad iewers anders heen. Soos Cederberge toe om te gaan fietsry, of om vir ’n naweek in ’n oulike Koringberg-huisie te gaan bly. Die dag as ons wél afdraai, dan ry ons déúr Malmesbury, langs die groot Bokomo-silo’s verby, reguit oor die verkeerslig, verby die Victoriaanse huisies, op met wat ons dink die kortpad Riebeek-Kasteel toe is. Maar nie vandag nie. Vandag hou ek bietjie in Malmesbury stil, en leer die dorp en sy mense ken. Ter herdenking van die helende fontein Die oorspronklike meule van die mineraalbron MARKtoe! September 2014 16