MARKtoe! September 2014 Uitgawe 9 | Page 14

TEGNOLOGIE ʼn Graanontleder wat jy saam met jou kan dra Boere kan die beste graan op hul lande identifiseer en opgradeer deur middel van menging en prima waarde lewer met AES Perten se draagbare Inframatic 8800-graanontleder. Die Inframatic 8800-toestel is akkuraat en duursaam. Die evaluering en gradering van graan is reeds jare lank ’n belangrike komponent van graanprosessering. Daarom is Perten Instruments opgewonde om die nuwe Inframatic 8800 wat spesiaal vir plaasgebruik ontwikkel is, bekend te stel. Dit is klein genoeg vir toetse in landerye om optimale oestyd te bepaal. Die toestel kan gerieflik saamry in die bakkie na waar die boer dit die nodigste het. Dit is nou makliker om die vog-, proteïenen oliegehalte in graangewasse te toets danksy hierdie draagbare graanontleder wat spesiaal ontwerp is vir ruwe plaasen vervoertoestande. Die draagbare toetsapparaat is lig en word deur ’n 12 V-battery met ’n lewensduur van 120 minute aangedryf. Of jy nou in die bakkie, die stroper- of trekkerkajuit of selfs by die silo besig is, vergemaklik die kompakte toestel met sy globale posisioneringstelsel (GPS) jou taak, en help dit jou om proteïenkaarte van jou graan lande binne ʼn oogwink te ontwikkel. Die Inframatic 8800 vergemaklik ook die bestuur van boere se graangehalte deur middel van vinniger oes- en bergingsbesluite. Met proteïenkaarte kan boere die kolle waar puik graan in die graanlande voorkom, identifiseer vir beter wins. Topografie, bemesting en afloop is alles bydraende faktore wat die proteïeninhoud in ’n bepaalde graanland beïnvloed. Dit verhoog winsgewendheid weens beter beheer oor die droogproses en stel die boer in staat om die beste gehalte graan te identifiseer sodat hy dit teen ’n beter premie kan verhandel. Graan kan ook voor opberging en versending getoets word. Dit bring mee dat die beste graan gestuur kan word aan die koper wat bereid is om die beste prys daarvoor te betaal. WAT MAAK DIE TOESTEL ANDERS? Die vraag na ’n graan-ontledings-apparaat op die boer se plaas is al geruime tyd ’n behoefte by talle boere. Die toestel moet robuus, draagbaar en gebruikersvriendelik wees, maar ook hoogs gevorderd vir akkurate resultate wat op standaard is met laboratoriumuitslae.