MARKtoe! OKT 2017 | Page 45

DIEREGEDRAG wat rondswem, sal hulle ook interesseer en behoort hulle aandag lank te hou. Deur aandag te gee aan die binnenshuise kat se natuurlike behoef- tes, kan sy net so ’n interessante lewe as buitenshuise katte lei. Daarby is daar minder gesondheid- en ongelukrisiko’s. Binnenshuise katte leef gewoonlik langer as buitenshuise katte. Die ander voordeel is die feit dat katte wat binne bly, nie groot getalle voëls en ander diertjies doodmaak nie. Sit gerus bedags die televisie vir jou troetelvoël aan, veral op ’n kanaal met programme oor die natuur! Voëls Voëls, veral papegaaie, leef in die natuur ’n baie vol, interessante en sosiale lewe in die natuur. Dit is dus geen wonder dat hulle dikwels gedragsprobleme ontwikkel as hulle in hokke aangehou word met min stimulasie en geselskap nie. Sit gerus bedags die televisie vir jou troetelvoël aan, veral op ’n kanaal met programme oor die natuur! Die klank kan redelik laag gestel word, maar dit moet tog hoorbaar wees. CD’s met voëlgelui de kan ook gespeel word. Plaas die voëlhok naby ’n venster met ’n uitsig op ’n voël- bad en voerplek. Speelgoed is ook baie belangrik. Sommige voëls is van nature agterdogtig oor nuwe voorwerpe in hulle omgewing en mag lank neem om daarmee te begin speel. Mettertyd sal jy agterkom watter speel- goed jou voël geniet. Moenie die hok met speelgoed oorlaai nie. Speel- goed kan soms omgeruil word, maar nie so dikwels as by honde en katte nie. Daar is ’n groot verskeidenheid speelgoed en peuselgoed op die mark beskikbaar. Verseker dat dit veilig en geskik vir jou voël is. Takke van ’n nie-giftige boom kan in die hok geplaas word, asook droë grasse. Steriliseer dit deur dit vir ’n paar minute in die mikrogolfoond te verhit voordat jy dit in die hok sit. Hortjieballe met klokkie DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark. Bewertjie met toutjies DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark. Heelwat goedkoop speelgoed vir voëls kan uit afvalmateriaal ge- maak word. Daar is baie idees en voorstelle op die internet beskikbaar. Maak net eers seker dat dit wat jy gebruik, veilig vir die betrokke voëlsoort is. Deur aandag te gee aan jou dier se omgewing sodat hy gereeld gestimuleer kan word en waar hy sy natuurlike gedrag kan beoefen, sal jy sorg dat jou geliefde dieremaat ’n goeie lewensgehalte kan geniet. Dubbelkantige spieël met klokkie DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark. DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark. MARKtoe! Oktober 2017 45