MARKtoe! OKT 2017 | Page 43

DIEREGEDRAG
Die doel van omgewingsverryking is om die dier se omgewing interessanter te maak deur geleenthede te skep waarby die dier nuwe dinge kan ontdek en kan leer ken en waar hulle volgens hul natuurlike instinkte kan lewe . In feitlik alle gevalle speel omgewingsverryking ’ n belangrike rol in die behandeling van dier se gedragsprobleme , byvoorbeeld ongehoorsaamheid , obsessiewe gedrag , fobie vir donderstorms , skeidingsangs en ander wangedrag wat uit frustrasie voortspruit .
By troeteldiere wat behandeling vir gedragsprobleme vereis , kan omgewingsverryking onmiddellik toegepas word en dit lewer gewoonlik resultate selfs voordat medikasie of gedragsmodifikasies begin werk . In sommige gevalle waar die dier se gedrag eintlik normaal , maar vir die mens steurend is , kan omgewingsverryking die probleem baie maklik oplos .
By katte , honde en voëls is die rol van speelgoed ’ n belangrike een . Die keuse van speelgoed sal volgens die dier se grootte , geaardheid en soort verskil en sal ook afhang van die eienaar se vermoë om saam te speel .
Honde
Sonder speelgoed is veral jong honde veel meer geneig om aan skoene , matte en meubels te kou en soms baie en duur skade te veroorsaak . Dit is egter baie belangrik om die regte tipe speelgoed vir die hond te koop . Daar is sterk speelgoed van harde rubber beskikbaar wat
Tou-speelding
DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark .
Wanneer hulle gaan stap en ook by die huis , moet ’ n hond soveel as moontlik geleentheid kry om sy omgewing te verken deur aan dinge te ruik , op verskillende oppervlaktes te loop , en ook verskillende geluide te hoor . Beheerde interaksie met ander diersoorte is ook goed .
Honde moet aan ’ n leiband beheer kan word voordat hulle buitentoe geneem kan word om te gaan stap . Hulle gesondheid en fiksheidvlak moet in ag geneem word . Kort motorritte sal ook goed werk en is stimulerend vir honde .
Interaksie met ander honde , sowel as die geleentheid om te speel as dit veilig is , is ook belangrik .
Speelgoed van gevlegte tou of sagte rubberballe
DARO Produkte beskikbaar by jou naaste Agrimark .
duursaam en veilig is . Honde raak gewoond aan speelgoed en raak later verveeld met sekere speelgoed . Afwisseling en nuwighede is vir hulle belangrik . Dit is egter nie nodig om gedurig nuwe speelgoed te koop nie . Bêre al die speelgoed in ’ n houer en roteer hulle elke derde dag . Die tipe speelgoed moet ook roteer word . Verskillende kleure en geure is ook belangrik om die hond se belangstelling te prikkel . Wissel dit af deur die betrokke speelding vir minstens 5 dae uit omloop te hou voor dit weer aangebied word .
In sommige gevalle is oefening baie goed om honde met gedragsprobleme te help . Dit is egter nie so eenvoudig as om gereeld ’ n ent te gaan stap nie – alhoewel dit belangrik is vir alle honde , ook dié sonder gedragsprobleme . Vir ’ n hond om genoeg endogene belonings te ervaar deur neuro-oordraers wat afgeskei word , moet hulle hoë intensiteit , langafstand hardlopers word ! Baie min eienaars sien kans vir hierdie vlak van oefening met hulle honde .
Interaksie met ander honde , sowel as die geleentheid om te speel as dit veilig is , is ook belangrik . Interaksie met mense is ook noodsaaklik .
Honde wat baie reaktief is , moet liewers nie tuis by ’ n venster na buite kan uitkyk nie , aangesien dit kan bydra tot opgewondenheid en ’ n uitermate blaffery . Laat die TV of radio saggies in die agtergrond speel . Minder reaktiewe honde kan egter gerus toegang tot ’ n venster kry sodat hulle kan uitkyk . Om speelgoed verskillende reuke te gee , kan op verskeie maniere gedoen word : Speelgoed kan vir ’ n dag of twee tussen die gesin se vuil wasgoed gestoor word . Nie-toksiese essensiële olies kan daarop gespuit word . Sekere essensiële olies is kalmerend , bv laventel , en ander is weer stimulerend , bv peperment en roosmaryn . Ander dierereuke kan ook daarop gespuit word . Produkte wat feromone vir ’ n spesifieke diersoort bevat , kan ook daarop gespuit word .
Speletjies wat hulle laat dink of dinge laat uitsnuffel , is redelik maklik om op te stel . Deur byvoorbeeld lekkernye ( verkieslik ’ n deel van die hond se normale kos-inname vir die dag ) op verskillende plekke in die huis weg te steek , sal jy jou hond lank besig hou . Daar is ook etlike speelgoed waarin kos weggesteek kan word , op die mark beskikbaar , maar gebruik ’ n deel van die hond se daaglikse rantsoen hiervoor . Die rondrol van die betrokke speelding om die kos uit te kry , vereis dat die hond sy verstand gebruik . Die kos ( hondepille ) wat uitval , is vir die hond ’ n beloning . Sommige speelgoed het openinge waarin ’ n bietjie sagte hondekos ( blikkiekos ) of grondboontjiebotter gesmeer word . Onthou om hierdie soort speelgoed gereeld skoon te maak . Veral energieke honde kan lank so besig gehou word . As die hond eers die speelding goed ken , kan die speelding met die sagte kos in die vrieskas geplaas word om te vries en die hond dan langer besig te hou .
Speelgoed met kos as beloning , is ook nuttig vir die behandeling van fobies vir donderstorms of skeidingsangs . Dit sal die hond besig hou
MARKtoe ! Oktober 2017 43