MARKtoe! November 2015 Uitgawe 22 - Page 24

Ons storie begin in 1955, toe ‘n 27 jarige jong man van Albertinia met spaargeldjies en groot drome sy eie “reject”winkel begin het... In 1954 toe Japie de Jager uit Keetmanshoop gekom het vir ‘n kuiertjie in Kuilsrivier by sy neef Frikkie de Jager en sy vrou, Babs, was hy ook van plan gewees om in Stellenbosch te soek na ’n winkelperseel. Hy kon egter op daardie stadium niks kry wat sy voorkeur of sak wou pas nie, en dis hoe dit gekom het dat De Jagers in 1955 hul eerste tak in Worcester geopen het. Dit was egter kort na Worcester tak se opening wat daar tog ‘n tak op Stellenbosch ook tot stand gebring is. De Jagers se besonderse fokus op diens en kwaliteit het dadelik aanvang by die Stellenbosch gemeenskap en skole van die area gevind. Deur die jare het die winkel al ’n paar keer van adres verander, maar die basiese beginsels van diens en kwaliteit het konstant gebly. Die volgende geslag De Jagers het in 1996 die leisels oorgeneem. Jobre, Suria, Andries en Pieter kon voortbou op die stewige fondament wat deur Japie en Johanna gelê is. Deur die jare het De Jagers, danksy konstante goeie diens en kwaliteit produkte, só gegroei dat dit vandag altesaam 20 takke in die Wes- en Suid-Kaap het. Andries, sy personeel en duisende getroue klante sien uit na die toekoms en al die uitdagings wat dit bied. Dorpstra at tak 1976 www.dejagers.co.za rtensie Ou adve 5 uit 197 30% AF! Kakiebos t-hemde R99 was: R220 NOU: R154 30% AF! Uitgesoekte Jeep Crocs Modi-Flip T-hemde R99 R350 was: R220 NOU: R154 R299 30% AF! Uitgesoekte Drimac golfers was: R370 NOU: R259 Tripple 5 Chino kortbroeke (stretch) Faith Sandale Uitgesoekte Drimac hemde was: R399 NOU: R279 R160 30% AF! Dames Kakiebos T-hemde was R180 NOU R126 Japie de Ja ger - 1976 *Aanbiedinge geldig tot 31 Oktober 2015, voorraad beperk