MARKtoe! JULY 2018 | Page 25

ADVERTENSIE-ARTIKEL TOEKOMS    Die gebruik van spuitolies groei teen ‘n vinnige tempo in die wêreld, want dit begin al hoe meer insekdoders vervang wat nadelige effek op die omgewing het en hulle benattingsvermoë word al hoe meer ingespan om die gebruik van omgewing-onvriendelike produkte te verminder, deurdat dosisse in kombinasie met olie drasties verlaag kan word word. In die VSA het die byvoeging van olies die gebruik van Chlopyrifos op appels byvoor- beeld met met 80% verminder. TOTAL se spuitolies voldoen aan wêreldstandaarde aangesien die Ge- wasbeskermingsafdeling by sy Hoofkantoor in Frankryk in noue samew- erking is met standaarde-organisasies van oor die hele wêreld. Toegang tot basis-olies is maklik maar die maak van plant- en omgewingsvriende- like spuitolies maak spesialiskennis nodig. RSA SITUASIE Valse persepsies 1. Spuitolies is maklik om te maak. 2. Alle olies is dieselfde. 3. As ‘n Olie se viskositeit en digtheid reg is, voldoen dit aan die wetlike vereistes en kan dit gebruik word. Registrasie/Standaarde In RSA is daar geen amptelike liggaam of stelsel wat die spesifikasies en gebruik van minerale olies monitor, nagaan of beheer nie. Daar kan mak- lik met die formules en samestelling rondgespeel word om kostes te optimali- seer sonder om enigsins die SABS se standaard in ag te neem. Hierdie onus rus dus geheel en al op die verbruiker. Die verbruiker moet dus goed ingelig word oor die spesifikasies van olie en hulle sal op hul hoede moet wees, andersins betaal hul vir iets wat nie aan standaarde voldoen nie. TOTAL is ‘n wêreldleier op die gebied van spuitolies daarom voldoen dit aan wêreldstandaarde. EVOLUSIE Na 1999 se “Spray Oils Beyond 2000” -kongres in Australie, het TOTAL SA besef dat die plaaslike SABS-standaard nie in pas is met ander lande se standaarde nie en dit is onder die Registrateur se aandag gebring. In samewerking met die Registrateur is daar toe ‘n komitee gestig en belang- hebbendes in RSA se mark is uitgenooi om deel te neem aan die aanpass- ing van die standaard. Dit het 5 jaar geneem, en twee standaarde is heeltemal herskryf, een vir die basis-olie en een vir die geformuleerde produk. Die standaard vir die geformuleerde produk konsentreer op die eienskappe van die emulsie van olie in water. TOTAL SA wat ‘n lid van hierdie komitee was, is vandag steeds direk betrokke by vervaardiging en verspreiding van spuitolie in RSA. Olies word al in RSA sedert die 1970’s gebruik maar dit was swaar olies wat baie goedkoop was, maar ook nadelige effek op die boom gehad het oor die lang termyn. Vanaf 2005 het die beter kwaliteit olies hul staal begin wys en die swaar olies is uitgefaseer, alhoewel daar vandag nog in die Letsitele-vallei swaar olies gebruik word – waar gebruikers blykbaar die nadelige effek van swaar olies ignoreer wat veroorsaak dat hulle by die meeste ander produsente agterbly. Gelukkig gebruik 90% van die pro- dusente reeds die beter kwaliteit olies (lig tot medium). Dit is egter belangrik om daarop te let dat skere handelsname van eienaarskap verwissel het en daar het al ‘n paar handelsname opgeduik en weer verdwyn het. As gevolg van die feit dat die persepsie bestaan dat ‘n mens vinnig kan geldmaak met ‘n volume-produk soos olie, kan dit lei tot verandering van eienaarskap of die registrasiehouer wat daartoe kan lei dat olies nie aan die wettige standaarde voldoen nie. Die feit dat niemand dit beheer nie, het aandag nodig.