MARKtoe! Desember / Januarie 2015 Uitgawe 12 | Page 45
LANDBOU
bevind, is dit so elke 7 tot 30 jaar nodig, om
‘n asverrykte saadbed vir ‘n lewenskragtige
nuwe fynbosgeslag voor te berei, en om nie
deur bome of grasse verdring te word nie.
Dit was ‘n noodgedwonge aanpassing by
die Kaap se droë, warm somers en langasem
Suidooster miljoene jare gelede. Dinge wat
die Kaap brand-ryp maak, so vandat die
Suidoos begin spoed optel, totdat die eerste
groot herfsreëns geval het. Rotsstortings en
weerlig was nog al die jare die groot natuurlike “vonke”. Die Kaap is een van die dele in die
land met die laagste weerlig-inslagtempo’s, en
weerlig is grootliks beperk tot herfsstorms.
Natuurlike brande was dus minder gereeld as
in die Hoëveldse grasveld-bioom (ook vuurgedrewe), en die natuurlike brandseisoen is
vanaf hoogsomer tot vroeg herfs.
Afromontane woud het nie aangepas nie,
en kom vandag net in beskutte klowe voor.
Maar Fynbos het, en veral op twee maniere:
een groep loop weer uit ondergrondse wortelstokke of bolle uit, terwyl die ander groep
individueel doodbrand, maar massiewe hoeveelhede brandbestande saad vrystel wat ná
die brand ontkiem. So word vuur voordelig ingespan, want dit hersirkuleer dooie en seniele
groei na vrugbare as, om tipies voedingsarm
gronde te verryk. Terselfdertyd skakel dit
kompetisie vir sonlig uit, en ook saadvretende
knaagdiere, al is laasgenoemde net tydelik.
“Dikwels neem dit jare, byvoorbeeld in geslote keëls
wat wag vir brandhitte om
oop te gaan. “
Maar hierdie strategie het ook beperkings.
Omdat fynbosgronde so arm is, blom baie
saadvrystellers snoeps, en bou hul saadbanke
stadig op. Dikwels neem dit jare, byvoorbeeld
in geslote keëls wat wag vir brandhitte om oop
te gaan. Dit maak hulle baie kwesbaar vir te
gereelde brande, want individue het dikwels
nie geleentheid om genoeg saad te produseer
voordat hulle doodbrand nie.
‘n Brand van die regte intensiteit is ook
nodig: warm genoeg om die meeste bome
dood te brand en om eie saad fisies vry te stel,
maar nie té warm sodat saad verkool, of die
grond hard gebak word nie. Van nature was die
twee faktore gekoppel. Tydige brande (juiste
frekwensie tussen brande) het presies die
regte hoeveelheid opgeboude ontvlambare
biomassa gelewer om die regte vuurintensiteit te lewer. Die uitwerking van die groter
boom-element het terselfdertyd gesorg vir
meer waterbeskikbaarheid aan strome en
vleilande, en vir ‘n relatief natter veld.
Voorgeskrewe brande vorm deesdae deel
van standaardbrandbestryding- sowel as
natuurbewaringsprogramme. Sorgvuldig-gekose lappe fynbos word op sorgvuldig-gekose
dae onder gekontroleerde toestande aan die
brand gesteek en toegelaat om uit te brand,
meestal tot op ‘n bestaande brandbaan. In
die praktyk beteken dit fynbos van die regte
ouderdom, op ‘n stadium wat die materiaal
droog genoeg is om te brand, op ‘n dag wat ‘n
lae brandgevaarrisiko inhou, en met genoeg
hulpbronne om beheer te kan uitoefen, d.w.s.
toerusting, werkers, brandbane. Koeler brande
in die laat herfs is verkieslik, want dan het
die Suidoos ook al gaan lê, en is die helende
winterreëns vlak om die draai. Vir die res van
die tyd word brande natuurlik soos vantevore
bestry en onderdruk. En dis dié wat toenemend problematies word.
warmer en winderiger somers gaan lei, en dus
die waarskynlikheid van katastrofiese brande
verder gaan verhoog.
Klimaatsverandering sal sekere indringerbome egter juis pas. Dié sal na verwagting
toenemend meer biomassa (koolstof) absorbeer, wat die brandstoflading verder sal
verhoog. Voorts sal hulle op tipies onbeplande
wyse (tydens onbeheerde vure) grootskaals
rook en koolstofgasse vrystel, om verder tot
die kweekhuiseffek by te dra en dinge verder
te eskaleer.
Landwyd is ongeveer 10 miljoen hektaar
ingedring. ‘n Jaarlikse besteding van R600
miljoen oor 20 jaar word tans voorsien om
die probleem aan te spreek. Sonder ingryping word daar verwag dat die omvang tot 20
miljoen hektaar binne 15 jaar sal toeneem.
Die Wes-Kaap is histories die land se mees
geraakte gebied. Veral in die nabyheid van
menslike nedersettings, maar ook in bergopvangsgebiede en elders.
Daar is ‘n stuk of 20 groot sondaars, oorwegend bome of groot struike, en oorwegend van
Australiese herkoms. Onder hulle is Akasias
(mimosas en wattels), bloekoms, hakeas,
Australiese mirteboom, en ook denne wat van
buite Australië af kom. Die gevaarlikstes kom
Menslike versteuring
Vir miljoene jare het die ballet van natuurlike faktore (hierbo beskryf) vir brande van die
regte intensiteit, op die regte tyd van die jaar,
en nie te gereeld nie, gesorg. Die koms van
die mens het dié choreografie egter drasties
versteur, en die tempo van versteuring was
nog nooit so intens soos nou nie.
Vir ‘n vuur is brandstof, gunstige weersomstandighede en ‘n aansteker (“vonk”) nodig.
Ons peuter nou al vir duisende jare met twee
uit dié drie. Mensgedrewe klimaatsverandering beteken dat daar nou ook met weersomstandighede gepeuter word. Ook op so
manier wat waarskynlik tot toenemend droër,
MARKtoe! Desember / Januarie 2014/15 45