MARKtoe! Augustus 2014 Uitgawe 8 | Page 4

AFROX EN DIE LANDBOUSEKTOR: VOORTGESETTE VERBINTENIS EN VERBETERING Afrox voldoen reeds vir meer as 80 jaar aan die behoeftes van die landbousektor en is steeds ’n leier in die verskaffing van sweiswerk- en gasoplossings aan hierdie belangrike mark. Ons unieke en diverse landboukliënte is verseker van ons voortgesette verbintenis om aan hul ontwikkelende behoeftes te voldoen deur volgehoue verbetering sowel as die toevoeging van waarde tot hul besighede, en deur by te dra tot hul produktiwiteit en winsgewendheid. Ons aanbieding bied aan die boerderygemeenskap die heel nuutste snywerk-, verhittings- en sweiswerktoerusting en verbruiksgoedere, asook doelgemaakte gasoplossings en tegniese ondersteuningsdienste. Ons begryp die druk op die landbousektor en is in staat om doelgemaakte oplossings gebaseer op ons omvattende produkreeks te ontwerp en te lewer. Ons produkreeks sluit in: Agrigas: suurstof/asetileen – ’n unieke aanbieding spesifiek vir die landbousektor Nywerheidsgas: insluitende stikstof en ’n verskeidenheid beskermingsgasse Spesiale gasse: ’n produk soos Ripegas is spesifiek geformuleer deur Afrox vir die natuurlike versnelling van die rypmakingsproses vir vrugte Vloeibare Petroleumgas (VPG): insluitende Handygas-silinders, en verskaffing in grootmaat van Handigas Sweiswerk-, snywerk- en verhittingsoplossings: - Vullermateriale: soos ons toonaangewende Vitemax, sowel as CR70 en verskeie ander - Boog sweis -toerusting: insluitende toerusting en toebehore vir MMA, MIG en TIG - Gastoerusting: insluitende sweiswerken snywerkstelle, sowel as onderdele en toebehore - Persoonlike Beskermingstoerusting: insluitende sweiswerk-verwante PBT. Afrox-produkte is in ’n wye reeks praktiese verpakte opsies en groottes beskikbaar. Volledige besonderhede van ons produkte is beskikbaar op die Afrox-webblad by www.afrox.com. Al ons produkte voldoen aan die hoogste standaarde: SABS/ISO/SANS, of Afrox korporatiewe spesifikasies waar toepaslik. Vir kliënte wat gasinstallasies benodig, is ons toegewyde span in staat om veilige, betroubare en bekostigare oplossings op jou perseel te verskaf. Direkte bestellings, produkinligting en veiligheidsaanbevelings geskied deur ons nasionale Kliëntedienssentrum (CSC), hetsy telefonies (0860 020202), per faks (0860 020201) óf aanlyn by www.afrox.com. Afrox bied ’n afleweringsdiens aan koöperasies, sowel as aan goedgekeurde afleweringspunte op die kliënt se perseel. Alternatiewelik, is ’n omvattende reeks produkte vanuit meer as 60 kleinhandelsafsetpunte nasionaal beskikbaar. As ’n bykomende diens, bied ons ’n hersteldiens vir Afrox se reeks sweiswerkmasjinerie indien dit onklaar sou raak. ook die behoeftes van ander marksektore wat strek vanaf die motorvoertuig-, konstruksie- en vervaardigingsektore, tot die voedsel- en drank-, suikerprosesserings- en mynbousektore. Besoek gerus ons webtuiste, www.afrox.com, vir verdere inligting. Afrox erken die uiters belangrike rol van die landbousektor en is voortdurend besig om ons aanbieding aan hierdie sektor te verbeter en uit te brei. Ons bedien AFROX Kliëntedienssentrum: 0860 020202 Epos: [email protected] www.afrox.com