MARKtoe! Augustus 2014 Uitgawe 8 | Page 22

LANDBOU Produksiemeting en skaapboerdery Foto deur DorperSA Die grootpad na voedselsekuriteit, volhoubare- en winsgewende skaapboerdery. In 2006 het die Nooitgedacht Dorperstoet met volledige rekordhouding van al hulle dorpers begin deur middel van Mobile Livestock, ʼn sagteware-kuddebestuursprogram. Dit was en is steeds baie werk, want elke dier moet ʼn persoonlike nommer hê en vader- en moederskap moet bekend wees en aangeteken word. Produksiemeting het gevolg waar speen- en naspeengewigte geneem en aangeteken word. Daarmee saam het hulle hul bestuurs- en seleksie-waardes verander en die resultaat is vandag baie duidelik in die stoet sigbaar. Die gemiddelde ouderdom van jong ooie tydens die geboorte van hul eerste lam het as gevolg van produksiemeting, bestuur, seleksie en die uitskot van swak produseerders oor die laaste sewe jaar dramaties verbeter; die gemiddelde lam- en speen-persentasies het letterlik verdubbel. Die aantal lammers waaruit vervangingsooie geselekteer kan word, is dus twee keer so groot as sewe jaar 22 MARKtoe! | Augustus 2014 gelede, en die bestes kan nou met sekerheid geselekteer word, waar beste nie net die beste produksiesyfer of mooiste beteken nie, maar ʼn kombinasie van die twee. Dit is alleenlik moontlik gemaak deur die feit dat “...die uitskot van swak produseerders oor die laaste sewe jaar dramaties verbeter...” hulle korrekte rekords van elke dier het en dus ingeligte seleksiebesluite kan neem. Hierdie data was aanvanklik min werd, maar drie jaar en vier lamseisoene later het die data ʼn ware beeld van die produksie van elke ooi begin lewer. Dit het tot gevolg gehad dat hulle in 2009 in staat was om die swakste 25% van alle ooie in produksie te identifiseer vir uitskot. Alhoewel 25% van die ooie geslag is, het dit slegs ʼn daling van 5% in lammers gespeen vir daardie jaar tot gevolg gehad. Ooie is hoofsaaklik geslag op grond van ʼn te lang interlam-periode, ʼn te hoë ouderdom van jong ooie ten tye van haar eerste lam, moeilike geboortes of dooie lammers tydens of kort na geboorte, asook ooie wat nie tydens die 42 dae paringstyd dragtig geraak het nie. Die belangrikste rede was egter dat hulle nie hierdie tipe produseerders of hul nageslag in die kudde wou hê nie. Die meeste van die uitgeskotte ooie het dragtig geraak, maar nie noodwendig gereeld nie en het ook nie noodwendig die lam gespeen nie. Streng rekordhouding- en seleksiepraktyke het vereis