Maritzburg College School Magazine Maritzburg College Magazine 2016 electronic | Page 51

C R E AT I V I T Y AT C O L L E G E Die antieke sypaadjie wat na die huis lei, is gekraak. Onkruid en perdeblomme steek by die krake uit. Spinnerakke bedek die hoeke van al die houtdeure. Piepklein swart spinnekoppies beweeg stadig na hul prooi. Hierdie huis is ‘n prentjie van verwaarlosing ... Stilte ... Ek sit doodstil in die sitkamer. Die vlamme dans in die vuurherd. Ek maak my oë toe. Ek hoor net die vuur wat knetter. Ek voel die gloeiende hitte wat teen my gesig brand. ‘n Enkele weerligstraal verlig my depressiewe gesig. ‘n Traan rol teen my wang af en val saggies op die yskoue houtvloer. Ek is doodbang. Stilte ... Skaduwees swerf teen die mure rond. Ek draai om, net om seker te maak dat ek definitief alleen is, dat daar niemand is wat my met ‘n bloedbedekte mes bekruip nie. Stilte ... In die eerste slaapkamer is daar ‘n enkele kers in die hoek, die enigste bron van lig. ‘n Speelgoed-dinosourus lê op die gebreekte bed. Dit het nie ‘n kop nie. Die laken is met donker spatsels oortrek. Daar is vragmotors op die muurpapier. ‘n Paar fotoraampies lê op die vloer. Hierdie kamer het vroeër aan ‘n jong kind behoort. Stilte ... Waar is die jong kind nou? Toe ek gereed is om te vertrek, begin die eikehoutwiegstoel in die hoek skommel. My hart wil uit my bors spring. Ek het die jong seun gevind ... Hy’s tuis ... Stilte ... M Godfrey (Sixth Form) Hoekom is ek hier? met wilde, krullerige harde sing Amy Winehouse se “Valerie” en later sing almal saam. Die middernagstilte sak op ons toe, tjoepstil, terwyl almal saggies praat en na die vuur of die sterre staar. Die geel, oranje en rooi linte van die vuur val op die vreemdelinge se gesigte en vorm maskers van sonkleure. Die kitaar lê vergete op ‘n suk dryfhout, vuilgevat deur sandvingers en witgeblyk van jare se somerson. G Meiring (Sixth Form) Ek wag vir die ambagsman Die son maak my saggies wakker, met ‘n soen op die wang. Ek sukkel- sukkel uit die bed uit, my lyf al moeg na al die jare. Ek stap na die venster en trek die gordyne oop. In die verte sien ek die ou windpomp wat stoksielalleen in die middel van die klein ou stukkie verlate Karoo staan. Met my lyf so effens warmgebak, draai ek om en kyk na die bleeksiel wat terug na my staar. Met donker kringe om my oë en geen hare op my kop nie, is ek ‘n geraamte van my vorige self. Die kanker is terug … Dalk moet ek vandag ‘n bietjie grimering aansit, want vandag kom die ambagsman om die ou windpomp te probeer regmaak. Vrou-alleen kan ek nie meer met my krom handjies nie … Die ou porseleinketel vat sy tyd om die water warm te maak, terwyl dit stadig op die gasstoof prut-prut. Ek bestudeer my handjies wat al deur soveel pyn is, maar ook soveel vreugde. Ek onthou die dag toe my oorlede man vir die eerste keer maar ook die laaste keer my hand vasghou het, toe my klein seuntjie se handjie vir die laaste keer deur myne geglip het. Maar dié is nie my hande nie, dit is eerder die geraamtes van my vorige self. Die ketel fluit en ek is terug op my klein stukkie aarde, weer alleen. Met my koppie warm boeretroos stap ek uit in die koue oggenlug van die My instink brand vlak onder my vel. Die adrenalien blaas ademloos teen my nek af. Bravade vleg deur my senustelsel en ontkurk ‘n stortbui van sinsbedrogte onnoselheid. Hoekom is ek hier? My hart klop, ‘n ontsaglike eggo in my oordromme. My bloed pomp, pulseer deur die bekrompenheid van my are. Gelok uit my hart….na my brein… na my hart … na my brein. Hoekom is ek hier? Net nog ‘n gejaag sonder end, na ‘n eindstreep wat niks is maar net ‘n fabel! G Meiring (Sixth Form) Somer, see, vryheid … Kaalvoetkinders loop op verlate sandpaaie op soek na musiek, sand en die yskoue see. Die oggendbriesie dans saam met die wilde fynbos wat op die duine groei. Kermende sonbesies vul die lug saam met die gelag en geterg van sorgelose tieners wat uiteindelik vry is. Die bleekwit sand gloei onder my kaalvoete. ‘n Witwarm son brand laat op die westelike horison en weerkaats goudgeel op die vlaktes van die Atlantiese Oseaan. Dit is sewe-uur in die aand, maar Onrusstrand is nog wawydwakker. In die verte sien ek dansende figure in die smeltende lug wat bo-op die duine lê. Hulle hardloop rond, skop ‘n sokkerbal en slaan ‘n tennisbal heen-en-weer met stokke. Die son verdrink agter die horison en stiptelik word ‘n vuur aangesteek. Kurkdroë hout brand, omring deur sterre. Die vlamme lek-lek versigtig terwyl vonke opskiet