Maritzburg College School Magazine Maritzburg College Magazine 2016 electronic | Page 50

C R E AT I V I T Y AT C O L L E G E Ek het in ‘n ambulans wakker geword ... op pad hospitaal toe. My nek was erg beseer. Daardie aand moes ek in die hospitaal slaap. Die volgende oggend het die dokter voor my gestaan en aan my die slegte nuus gegee... ek kon nie meer rugby speel nie en ek moes ‘n operasie ondergaan. Ek was geskok en hartseer ... Ruben het ingeloop gekom, met ‘n plastieksak vol biltong. Hy het aan my gesê dat hy jammer oor die besering was, maar dat ek ten minste ‘n drie gedruk en die wedstryd vir ons gewen het. N Booysen (Fifth Form) Dit het alles só begin Wanneer die son se liggaam in die oggend my kamer binnestap, spring ek uit my bed uit en dank die Here vir die fantastiese lewe wat hy vir my gegee het. Ek bly in ‘n groot huis saam met die liefde van my lewe. Ek is ook ‘n suksesvolle rekenmeester. My lewe het egter nie altyd so vlot verloop nie. Alles het begin toe ek in die piepklein dorpie Musina gebore is. My pa het my ma verlaat toe ek drie weke oud was. Ek is deur my ma en my ouma grootgemaak. My verhouding met my ma en ouma was baie sterk en ons het baie liefde vir mekaar gehad. Die lewe was goed, totdat ek in graad nege gekom het. Op my vyftiende verjaarsdag het my ma vir my ‘n present gekoop en dit by my ouma se huis agtergelaat. Terwyl sy daarheen gery het om dit weer op te laai, het ‘n taxi reg van voor af in my ma vasgery. Ek het twaalf weke lank by die hospitaal gebly. My ma is as breindood verklaar, maar ek kon haar nie vir ‘n minuut verlaat nie. Ek het geweier om weg van haar bed af te beweeg. Toe, eendag, het sy moed opgegee. Ek moes daarna by my pa gaan bly tot ek klaar met skool was, maar ek het drie jaar lank skaars twaalf woorde met hom gepraat. Toe ek klaar met skool was, het ek saam met my ouma na Amerika toe getrek en aan die Universiteit van Kalifornië gestudeer. Ek het deur baie moeilike tye in my lewe gekom. Ek mis my ma elke liewe dag, maar nou is ek gelukkig en dit is al waarvoor ‘n mens kan vra. J Oberhozer (Fifth Form) Ek was daar Herinneringe hou ‘n man se siel lewendig wanneer niks anders kan nie. Die beste ding in die wêreld is nie die materiële voorwerpe wat ‘n mens kan koop nie, maar die herinneringe wat ons saam met die mense vir wie ons lief is, maak … A Burns (Fifth Form) My ammunisie was klaar ... Alles is in rep en roer. Vandag is die finale dag. Vandag is die dag waarop ons ons vyand verslaan. Ons doel is eenvoudig: steek die niemandsland oor en plant genoeg plofstof om hulle heeltemal uit te wis. Ons is beveel om so min as moontlik ammunisie en beskerming saam te neem, sodat ons genoeg plek vir die plofstof het. Met ‘n rugsak vol plofstof, en harte vol hoop, gaan staan ons in ‘n ry. Met ‘n laaste vae waarskuwing stuur ons bevelvoerder ons die niemandsland in. Die son het nog nie sy verskyning gemaak nie; dus het ons g’n idee van wat voor ons lê nie. Ons beweeg stadig voort en los netjiese voetspore in die oggenddou ... Iets is nie pluis nie. Skielik hoor ons die harde slag van ‘n ontploffing ‘n ent voor ons. Dan begin die poppe dans. Hulle het geweet ons kom. Ek hoor die klank van mortiere en begin te bid. Oomblikke later skud die grond om ons soos die mortiere kontak met die grond maak en massiewe kraters in die landskap agterlaat. Masjiengewere trek van altwee kante af los en ons is in die spervuur. ‘n Vlaag koeëls suis deur die lug en ruk deur ons troepe. Ek doen my bes om ‘n paar skote terug te vuur, maar kort voor lank is my ammunisie gedaan. Dit is neusie verby met my. Ewe skielik tref iets my in die bors. Ek ruk agtertoe en val in ‘n verlate ou loopgraaf in. Ek kyk af na my bors en sien hoe ‘n skarlakenrooi vlek op my hemp begin groei. Ek roep uit om hulp, maar daar is geen barmhartige samaritane oor om my te kom help nie. Soos die adrenalien uit my borskas vloei, word die pyn ondraaglik. Herinneringe en emosies dam in my op. Hierdie oomblik is sekerlik die einde ... H le Roux (Fifth Form) 48 12 Julie 1942. Ek staar deur die sneeuwit sluier na haar barmhartige blou oë. ‘n Traan rol teen haar wang af wanneer my bewende hand die ring aan haar delikate vinger sit. Ons glimlag onbeheersd wanneer ons ons liefdesgedigte aan mekaar opsê. Hand-aan-hand stap ons by die ou Victoriaanse kerk uit en ek besef dat ek die gelukkigste man op aarde moet wees. Ek was daar ... 21 Maart 1959. Ons staan on der die onbeskryflike skoonheid van die Eiffeltoring. Parys se atmosfeer laat ons sprakeloos. Ons gesels tot laat in die nag oor die verskille tussen Frankryk en ons eie Suid-Afrika. Ek gryp haar hand liggies wanneer ons onder die Europese lug lê en na die sterre staar. Ek was daar ... 31 Desember 1975. Oujaarsaand in Indië behandel ons goed. Ek vat haar na die majestueuse Taj Mahal as ‘n laat-verjaarsdaggeskenk. Ons verken die Indiese kultuur en kookkuns wanneer ons ons eerste jaar as pensioenarisse geniet. Ek was daar ... 12 Julie 1992. ‘n Vyftigste huweliksherdinking aan die Wes-Kaapse Tuinroete is deur niks anders geëwenaar nie. Ons kronkel deur die wingerde en proe wêreldklas wyne. Die winterson verdwyn stadig agter Tafelberg en eindig in ‘n onvergeetlike dag. Ek was daar ... Maar nou het die kanker my liggaam oorgeneem. Ek lê bewegingloos op my sterfbed, omring deur vele druppype. Die virus het my vrou van my af weggeneem en sal my ook na my Skepper toe stuur. Al wat my aan die gang hou, is die lewensherinnering wat in my gedagtes voortleef. Ek verlang na die dag wanneer ek en my vrou weer langs mekaar in die hemel kan staan en na die aarde met nostalgie kyk en sê: “Ons was daar ...” J Godfrey (Sixth Form) Ek glo nie aan spoke nie Die yskoue water val saggies op die grond. Die weerlig is soos vuurwerke wat die hemel verlig. Die huilende wind is soos ‘n nimmereindigende siklus van koue wat so skerp soos ‘n mes voel. Ek is alleen in hierdie ou spookagtige huis. Stoksielalleen. Dit is pikdonker daarbuite en die nag het nou net begin ...