Maritzburg College School Magazine Maritzburg College Magazine 2016 electronic | Page 49

CREATIVITY AT COLLEGE
Ons het nog nooit meer as tweehonderd lopies aangeteken nie .” Hy loop na die kraan om sy waterbottel te vul . “ En die eerste bouler is in die Suid- Afrikaanse skolespan . Hy boul amper so vinnig soos Dale Steyn !” Ek trek my skoolbaadjie aan . “ Ek weet nie , Shaun , maar ons moet dit doen , ander sal ons die eerste topspan wees wat in ‘ n twintig-twintigwedstryd verloor .” Ons loop in stilte na die eetsaal .
“ HOE ’ S DIT ?!!” Die skeidsregter lig sy vinger . Dit is die derde keer hierdie seisoen . Joshua loop met sy kolf onder sy arm na die kleedkamer toe . “ Nou is dit my beurt .” Ek loop op die veld met vlinders in my maag . “ More , Meneer , middel , asseblief .”
Twintig lopies . Twee boulbeurte . Pollard , met sy bultende spiere en die bal in sy hande , staan voor my . Die kolf skud in my senuweeagtige hande . Hy begin hardloop , na MY toe ! Ek sien die rooi bal wat in die rigting van my kop aankom . Dit is die vuur , dink ek .
DOEF !!
gespeel het . Ons het ‘ n oop deur gevind waardeur ons van die werklikheid kon ontsnap , ons lewens ten volle kon uitleef . Musiek verenig die mensdom en maak vrede . Die musiek het aanhoudend gespeel en ons oordromme beproef , maar daaraan het ons nie gedink nie . Ons het hartlik uitgesien na ons gunsteling musiekgroep . Jeremy Loops het sy hart uitgespeel . Hy was ongetwyfeld die beste kunstenaar . Dan Patlanski en Xavier Rudd het ook ‘ n uitmuntende vertoning gelewer . Die kleure rondom ons het soos aaneenlopende reënboë om ons uitgestrek .
Natuurlik was daar alkohol beskikbaar . Vele mense was lighoofdig en ontspanne terwyl hul die musiek geniet het .
Hierdie kleurfees was beslis die beste tyd van ons lewens , maar , soos enige goeie ding , het dit ook tot ‘ n einde gekom . Hierdie herinneringe was onvergeetlik .
T Janse van Rensburg ( Fourth Form )
Die skeidsregter lig sy arms . Ses lopies !
N Govender ( Fourth Form )
Rooi of blou ?
Toe hy ‘ n klein seuntjie was , wou Piet deel van ‘ n bomtaakmag wees . Dit is hoekom hy die keuse moes maak : rooi of blou ... lewe of dood ...
Dit is 8 Januarie en Piet is nou by sy huis . Hy hoor ‘ n harde geluid buite sy voordeur . Iets is nie reg nie ! Hy hardloop na sy voordeur toe en maak dit oop . Sy asem slaan weg ... hy sluk ... maar geen geluid ontsnap sy mond nie . Daar is ‘ n bom in sy gebou !
Hy weet wat hy moet doen , maar sy liggaam wil nie beweeg nie . Die bom oorweldig sy sintuie en dit klou aan hom vas . Hy kan nie hoor nie en die stilte maak hom mal . Hy probeer ruik , maar is net bewus van sy eie selfvertroue wat vinniger en vinniger verdwyn .
Dit tref hom soos ‘ n voël wat ‘ n muur tref . Die tyd op die bom is 6:39 . Dit sal sewe minute vir die res van die taakmag neem om by sy gebou uit te kom . Mense hardloop rondom hom . Hy sukkel om te fokus en sy hande begin te bewe .
Daar is net meer as drie minute oor voor die bom sal ontplof ... net hy kan al die mense en homself red .
Agt en twintig sekondes ... hoe het die tyd so vinnig verbygegaan ? Piet se gedagtes dwaal . Hy bid tot God en vra om moed of die antwoord op sy vrae . Hy hardloop na sy kombuis toe en soek na sy skêr of mes . Hy tel die sekondes in sy kop !
Drie en twintig ! Hy hardloop terug na die bom toe ... Agtien ! Rooi of blou ? Nege ! Blou !
Sy gesig breek uit in ‘ n glimlag ... hy is uitgelate en dankbaar om lewendig te wees !
‘ n Kleurfees
C Hoffman ( Fourth Form )
Wanneer ‘ n mens van ‘ n kleurfees of enige musiekfees hoor , dink jy net aan dwelms en alkohol . Maar ons mis die doel van hierdie feeste as ons só daaraan dink . Ek en ‘ n paar vriende het onlangs ‘ n groot , wêreldbekende kleurfees bygewoon . Hierdie groot gebeurtenis is en sal ook altyd ‘ n onvergeetlike herinnering vir ons wees . Ons het ‘ n avontuur beleef , die grootste gebeurtenis van ons hele lewe . Dit was ons eerste fees ; dus was daar baie onverwagse gebeure waarvan ons nie bewus was nie .
Dit was asof die musiek met ons siele gekommunikeer het , met ons hartsnare
Die gevaarlike duik
J Bilborough ( Fourth Form )
Die oggend was koud , stil en vervelig . Ons was reg vir die wedstryd , ons laaste wedstryd vir ons skool , ons laaste wedstryd saam as pêlle en ons laaste wedstryd vir die eerstespan .
Ons opponente was Grey Kollege , die manne van die Vrystaat . Ek , Ruben en Jeandre was saam in die eerstespan . Ek was flank , Ruben was stut en Jeandra was die slot . Voor die wedstryd was ons besig om met meisies te praat . Ruben het gesukkel omdat hy so kort was . Die arme meisie moes die heeltyd afkyk . Ruben was ‘ n snaakse mens , maar hy kon rugby speel . Al was hy ‘ n stut , was hy , met sy kort beentjies , vinnig . In die kleedkamer was dit ook stil . Almal was besig om op hul wedstryd te fokus . Dis was tyd . Die skool het geskree terwyl ons op die veld hardloop . Voor ons het hulle gestaan – groot en fikse rugbyspelers . Al wat hulle ken , is rugby . Teen halftyd was die telling tien punte elk en ons was besig met ‘ n lynstaan . Toe ek die bal vang , was ek weg ... deur een , twee , drie manne . Ek het oor die doellyn geduik en alles het swart geword ...
47