Maritzburg College School Magazine Maritzburg College Magazine 2016 electronic | Page 48

CREATIVITY AT COLLEGE
skryf . Ek sal die enigste kind in die hele wêreld wees wat sulke mooi en spesiale gedigte skryf .
Ek sal ‘ n professionele digter wees , die beste !
Sport is my lewe
M Joubert ( Second Form )
Sport is my lewe , omdat dit gesond is en jou voorbereid vir die lewe hou . Dit maak my sterk en laat my lyf goed ontwikkel . Sport hou my ook fiks en gereed vir wat voorlê . lekker net om in die swembad te spring en af te koel .
Ek hou nie daarvan as dit koud is nie , want dan voel dit asof jy niks wil doen nie . Omdat ek sportief is , wil ek goed doen . Die son kom vroeg in die oggend op – dan kan ek wakker word om te gaan draf .
In die somer gaan ons gereeld strand toe om branderplank te ry . As ons by die see kom , sien ons pragtige meisies . Ons koop ook roomys om te eet en die soutwatersmaak uit ons monde te kry .
Die somer met sy grasgroen bome en verskeidenheid kleurvolle plante is my gunsteling seisoen .
T Prinsloo ( Third Form )
Die sport waarvan ek hou , is rugby . Rugby is ‘ n fisiese sport en jy moet sterk , fiks en slim wees om dit te kan speel . Dis hoekom ek van rugby hou – terwyl ek op die veld is , laat dit my van al my frustrasies onslae raak . Party dae het ons rugby-oefening en dan is ek nie lus vir rugby nie , maar ek weet dat dit my voorberei vir wat voorlê . Ek speel nie net rugby omdat ek wil of moet nie – ek speel dit omdat ek dit geniet en my van skool en leerwerk laat vergeet . Dit hou my kop oop en laat die bloed deur my are vloei .
Sport is ‘ n aktiwiteit wat jy moet beoefen . Tydens elke oefening probeer ek beter en beter speel . Ek het al ‘ n paar terugslae gehad , maar ek het nog nie moed opgegee nie en hou net aan verbeter .
Sport is my hele lewe . Ek wil eendag groot rugby speel en baie geld verdien . SPORT IS MY LEWE !
My rolmodel in die lewe
S Koekemoer ( Second Form )
In die lewe is daar baie mense vir wie ek lief is , mense wat my met my werk en probleme help en mense wat altyd daar vir my is . Maar daar is net een mens wat alles sal opoffer net om my te help , om seker te maak dat ek gesond is en veilig voel wanneer ek bang is . Hierdie person is my rolmodel , my pa .
My pa is alles wat ek ooit in die lewe nodig sal hê . Hy is die onderwyser van my lewe . Die liefde wat hy vir my gee , is iets wat ek nie altyd verdien nie , maar hy gee dit vir my , want ek is sy seun wat altyd by hom sal bly . Daar is geen woorde om te beskryf hoe lief ek vir my pa is nie . Sonder hom is ek niks nie . Sonder hom is ek niemand nie .
In hierdie lewe is daar een mens vir wie ek baie lief is , ‘ n mens wat my help met my werk en my probleme , ‘ n mens wat altyd daar vir my is . Hierdie mens is my rolmodel , my pa .
Daar was ‘ n groot ontploffing
H le Roux ( Second Form )
Kapoeeefff ! Daar was ‘ n groot ontploffing in die winkel ! Al die mense het geskree , want hulle het groot geskrik . Twee manne het met twee sakke vol geld uitgehardloop . Hulle het die winkel beroof ! Hulle het die kluis opgeblaas ! Tien minute na die ontploffing het die polisie by die winkel opgedaag . Ongelukkig was die polisie te laat om die diewe te vang .
Die een polisieman het my gevra waarheen die diewe gegaan het . Hy het gesê dat ek in die motor moes klim om hulle te help . Ek het vir hulle gesê dat hulle na die rivier gehardloop het . Die polisieman het gedink dat hulle dalk op ‘ n boot gespring het en teen die rivier afgevaar het om weg te kom . Ons het die rivier gevolg totdat ons by ‘ n houthuisie gekom het .
Die twee polisiemanne het na die huis toe geloop en hulle het een van die diewe deur die venster gesien . Die jong polisieman het ingehardloop om die rowers te arresteer . Hy het altwee diewe uit die huis gebring en in die motor gesit ! Ek was ‘ n held omdat ek die diewe gevind het !
My gunstelingtyd van die jaar
J Barnard ( Third Form )
My gunstelingtyd van die jaar is die somer . Dit is die beste seisoen vir my , omdat ek daarvan hou om te swem en see toe te gaan .
Ek hou baie daarvan om te swem en om waterpolo te speel – ek kan dit alles in die somer doen . As ek na sportoefening van die skool af kom , is dit
My droommotor
My droommotor is ‘ n vinnige , wit motor met swart wieldoppe . Hierdie motor kan net een spesiale motor wees : die ongelooflike Lamborghini . As en daarna kyk , raak my bene lam .
My motor moet teen tweehonderd kilometer per uur kan ry . Die sitplekke moet roomkleurig wees . Terwyl ek bestuur , moet die musiekstelsel oorverdowend speel . Die motor sal my baba wees - altyd skoon en blink . Die nommerplaat sal ‘ Te Vinnig en Wild ’ wees . Die krag van hierdie baba van my sal baie luidrugtig wees , asof iemand skote skiet . Die onderkant van my motor sal blou ligte hê . My kar sal ook met my praat sodat , wanneer ek dit aanskakel en ek die bevel gee om die vensters oop te maak , dit gedoen sal wees !
Hierdie motor sal jou asem wegslaan ! My droommotor sal presies so wees . Dit sal enig in sy soort wees , spesiaal vir my vervaardig !
Die Rooi vuur
M Khumalo ( Third Form )
Z Saayman ( Third Form )
DOEF ! Daar trek die bal weer . Ek kyk vinnig na meneer Henderson vanuit die hoek van my oog . Sy hande is weer bo-op sy kop . Dit is die negende ses , maar beslis die grootste een . Dit het oor die bome gesnel . Dit is die tweede bal wat ons verloor . Meneer Henderson gooi ‘ n derde bal na my . Sy gesig is rooi . Tweehonderd lopies . Een paaltjie .
Ons loop na die kleedkamers toe , almal met ongelukkige gesigte . Meneer Henderson begin : “ Hmph ! TWEEHONDERD EN VYFTIG LOPIES ! Dit was soos ‘ n vuur wat brand ! Julle het vyftig boubeurte !” Hy slaan sy boek toe . Almal sit geskok . Shaun , die laaste kolwer en een van die boulers wat meer as vyftig lopies afgestaan het , begin kreun . “ Hoe gaan ons dit doen ?
46