Maritzburg College School Magazine Maritzburg College Magazine 2016 electronic | Page 46

C R E AT I V I T Y AT C O L L E G E AFRIKAANSE SKRYFWERK Rondomtalies met waentjies Die krater “Ek wens partykeer ek kan net ‘n aangename tyd by die see deurbring, of beter … die Krugerpark, of …,” dink ek, terwyl ek alreeds Klaasvakie se sand in my oë voel. Een … twee … drie … zzz, daar raak ek sowaar soos ‘n bulhond aan die slaap. Hoe kan dit so vinnig gebeur? Maar wanneer ek wakker word, is daar net ballonne en stalletjies met wonderlike musiek wat my so gelukkig maak soos ‘n hond wat pas sy peuselhappie ontvang het. “Ek is in droomland!” skree ek wanneer iemand my gryp en in ‘n stampkarretjie gooi. Een … twee … drie … Doem! Doem! Doem! Ons stamp mekaar sommer terwyl ek nie eers weet wat aangaan nie. Dwaa! Hulle stamp my so hard dat ek in my gunsteling tuimelkar beland. Ek hoor dit weer – een … twee … drie … Die tuimelkar skiet vinniger as ‘n koeël uit ‘n geweer weg. Om en om en om, rondomtalies, soveel keer dat ek nie eers kan tel nie! Daar hou dit weer op … Dit was die 24ste November 4014. Ek en my meisie was op pad om na Star Wars 8 te gaan kyk. Net toe ons van die bus afklim, hoor ons ‘n knal en die besige stad van Nova raak tjoepstil. “Wat gaan aan? Hoekom gebeur alles so vinnig,” vra ek. Ek is dan nie eers naar nie. Sjoe, maar droomland is ‘n wêreld van geluk en wonderwerke. Die een oomblik is jy hier, die volgende oomblik is jy daar … Op daardie oomblik leer ek ‘n lewensles. Dit is hoe die lewe is: rondomtalies, ongemaklike tye, vreemde tye, lekker tye. Alles gaan net te vinnig verby. Dit is die rede hoekom my drome onvergeetlik is. B Dry (Second Form) Ons draai om en sien hoe ‘n kwart van die stad in ‘n krater verdwyn, diep die aarde in. Almal staan in grafstilte, verstom. Nie lank daarna nie was daar nog ‘n knal ... en nog ‘n kwart van Nova het die dieptes van die aarde ingeval. Ek het my horlosie hoor biep-biep – my agent het na my gesoek. Ek was nie net ‘n normale seun wat ‘n meisie het nie, nee, ek was Agent 14. Ek het agter ‘n dennebos ingegaan en myself tot by my operasiestasie gestraal. Ek het satellietfoto’s van dr. Brown ontvang – oor ‘n wapen wat hierdie krake veroorsaak. Ek het myself tot in die kragkamer ingestraal en gou-go u sestien goue bakstene van C4 geplant. Net toe ek myself wou uitstraal, het ek ‘n stem gehoor: “Wel, wel, wel, kyk watter rot het uit sy gat geklim!” het dr. Brown gelag. “He-he-he, hoe hou jy van my krater, mmm? Hierdie wapen speel met die aarde se magnetiese veld en veroorsaak die krake!” “Rêrig, ek het dit nie agtergekom nie,” sê ek sarkasties. “Mmm, na twintig jaar het ek uitgevind hoe om hierdie krake te beheer en nou gaan ek dit gebruik om die wêreld oor te neem, he-he-he ... Aaaagh!” het dr. Brown geskree terwyl die goue bakstene deur sy arm gevlieg het. Hy het sy balans verloor en die dieptes van die aarde ingetuimel. “Hmm, dis jou probleem, jy praat te veel.” Ek het myself teruggestraal, net betyds om te sien hoe die krake toegeskuif het. Die volgende dag gaan ek en my meisie weer om na Star Wars 8 te gaan kyk. N Greeff (Second Form) Sport is my lewe Vandat ek klein was, het my pa altyd vir my die bal gegooi en vir my geleer hoe om tennis te speel. Ek het altyd gedink dat dit ‘n mors van tyd was, maar ek is bly dat hy my geleer het; daarsonder sou ek nooit sportief wees nie. Sport is my dwelm, maar ‘n goeie tipe dwelm. Ek is verslaaf daaraan. My drome is om volgende jaar vir die onder 15B-span rugby te speel. Die enigste manier hoe ek dit sal regkry, is om elke dag hard te werk en myself te motiveer. Ek verbeter elke dag deur gesond te eet en hard te oefen. Ek hou baie van sport, want dit hou my besig. Die dae wanneer ek vry is, kan sport weer my kop regkry. Baie van my vriende dink ek is mal as hulle my op die sportveld sien oefen, maar ek noem dit uithouvermoë. My motivering vir die lewe en my sport is die volgende woorde: Aanhouer wen. C Groenewald (Second Form) E de Wit (Second Form) Skryf Ware vriende Ek skryf, ja, ek skryf. Ek skryf gedigte en ek hou daarvan. Ek skryf my gedigte oor die lewe, my emosies – wanneer ek kwaad is en wanneer ek gelukkig is. Ek skryf gedigte, want dit is die enigste manier waarop ek my emosies kan uitdruk. Ek wil verbeter totdat ek eendag sulke goeie gedigte skryf, dat ek dit vir meer as ‘n miljoen rand kan verkoop. Ek sal dit nog doen … en almal sal dit koop! Ware vriende gee nooit op Net soos jy oor ‘n lolliepop, Want hulle is baie-baie lief Al skryf jy nie eens vir hulle ‘n brief. Jy moet hulle nooit verraai Anders maak jy jou naam papegaai Wanneer dit met jou gebeur Moet jy pasop want jy kry baie seer. Bederf hulle ‘n bietjie En sing vir hulle ‘n liedjie, Want voor jy jou oë uitvee Is hulle weg daarmee. 44 Ek skryf meer gedigte as wat ek ooit gedink het. Daar is gedigte oor die lewe, skool, my familie, diere, kos … ag, sommer oor alles. Een van my drome is om ‘n gedig oor rolmodelle soos my pa en my ma te skryf, want hulle is my alles, die beste ouers wat ‘n mens kan hê! Nog ‘n droom van my is om gedigte in ander tale te skryf: Frans, Italiaans, Spaans ... B Dry (Second Form) My drome sal waar word. Ek sal meer as eenhonderdduisend gedigte