Land n Sand Sep / Oct 2013 | Page 64

Miems Iets Vir Almal Fotos en woorde deur – Tania Bester Dit was vir my moeilik om te kies waar om te begin, toe dag ek, by die begin! Ek was omtrent 22 jaar oud toe ek vir Tanya ontmoet het. Sy het my geleer om te ontspan. Ek het gedink as jy na ’n kroeg toe gaan, is jy ’n los meisie. Volgens Tanya, as jy kroeg toe gaan, geniet jy jouself. Deur Tanya het ek Pringlebaai en haar ma Miems leer ken. Miems was destyds die eerste restaurant wat daar was (Hangkliphotel daai dae was net een groot partytjie met loslyfies, vissermanne en seestropers). Morriss en Kerneels het oorgeneem by Miems, later van gebou verander en is nou ’n paar treë verder in hul dubbelverdieping restaurant. Kerneels bedien flink. Morris doen die kroeg en gesels met die vlieë. Daar is iets vir almal op die spyskaart: oorgenoeg vegetariese keuses, vis, vlees, baie Meksikaans en nog meer. Ons wou graag die quesadilla, nachos en trinchado probeer, maar het besluit op gerookte snoek. Ek besluit toe op die gebakte mossels – as jy van knoffelslakke hou, is dit vir jou. Ek het ’n broertjie-dood aan die winkelbrood wat hiermee bedien is, maar die mense is nie masjiene nie en die brood is bruin. Kalamari – my beste is Ooskus s’n (julle onthou mos daai aangeklamde rugby man, o nee jammer, sy wederhelfte … wat 03:00 die oggend drive-in-take-away-fish-’n-chips wou kry?), so sag soos ’n mollige brunette se dye — Miems s’n het daai al dente byt. Vir die hoofgereg het ons besluit op die Designer Burger en die Pringle Plate – Kerneels verander hom gereeld. Dié keer was snoek roulade heerlik – die met dit vars en spaghetti beet Weskus grote burger en gee meisie die veer Die wyne kom af, Swartland Kasteel. Dekor geitjie gem gepoleerde mo perlemoenskulp swartbord teen eland versier, baie plek om d Morriss lam te biertent banke grotes of ses kle Dan is daar twee met ronde kroe die jonges en s As ouma en ou kan hulle onder yskoue Vrydag was ’n paar P wat hul aandete Dis uiters fam