Land n Sand Sep / Oct 2013 | Page 26

Die trein kom nog s teeds daar verby, maar hy stop nie (14:00 en dan kom hy weer 16:00). In die ou dae was die shed gebruik om goedere tussen die Kaap en Caledon vanaf die treine oor te laai. Die trein kom verby sodra daai eerste sliert lekkerte smelt in jou mond ... varkmagie en -ribbetjies ... met ’n heerlike bedruipsous ... my voorkeur is groente, maar na my vegetariese pizza is ek bitter spyt dat ek nie die varkmagie en -rib pizza bestel het nie. Ken jy kamma-vegetariërs wat nou en dan hul lus vir vleis voorrang gee en dan bitter spyt is dat hulle beesfilet bestel het? Wel dié een het te laat spyt gekry dat die gier haar nie oorval het nie, maar dank vader het pa Thys ’n hele bord ribbetjies gekry, R95 vir 500g, met ‘n keuse tussen kapokaartappels en aartappelskyfies. Dié een was met kapokaartappels om die sousie verder te laat gaan. Lekker, maar my vriend Leon Roelofse maak die beste – so romerig soos ’n blonde nooi se kus.