Land n Sand Jan / Feb 2014 | Page 37

Daar is vegetariese disse en heerlike nageregte. Hul spyskaart verander gereeld en kan van hul webwerf afgelaai word. Frans se Koringoringslaai-rolletjies SLAAI 1 koppie gaar koring 1 rooi soetrissie fyn gesny (ongeveer 2.5cm blokkies) 1 geel soetrissie fyn gesny (ongeveer 2.5cm blokkies) 1 groen soetrissie fyn gesny (ongeveer 2.5cm blokkies) 2 rooi uie fyn gekap 350 g ingelegte geel perskes fyn gesny met van hul stroop (vir stywerige vulsel) MARINADE VIR PAKKIES 35 ml olyfolie 5 ml borrie 25 ml kerriepoeier 25 ml suiker 25 ml blatjang 25 ml asyn 25 ml sojasous Ryspapier Koljanderpesto-vinaigrette Meng jou marinade bestanddele, en gooi oor die slaaigoed. Laat rus vir ten minste ses ure in die yskas – dit hou trouens goed in die yskas vir drie tot vier dae, en word net al hoe heerliker. Rol dit dan in ryspapier en bedien met koljan derpesto-vinaigrette. www.gabrielskloof.co.za | [email protected] | tel: +27 0(28) 284 9865 Let daarop dat die restaurant oop is vir ontbyt en middagetes van 09:00 tot 17:00. Dinsdae is die restaurant toe. Gabriëlskloof is beskikbaar vir funksies en onthale. Vanjaar bied hulle ’n Valentynsdag-aandete aan. Wynproe vind plaas van Maandae tot Vrydae van 9:00 tot 17:00 en Saterdae van 11:00 tot 15:00.