Land n Sand Jan / Feb 2014 | Page 34

Gabriëlskloof Restaurant Plesier in Botrivier O ns ry vanaf Meerensee net buite Hawston Botrivier toe. Ons vat die skelm paadjies Gabriëlskloof toe. Ry oor berge en dale. Plotseling, op die Swartrivierpad net buite Botrivier, verskyn daar ’n indrukwekkende struktuur. Gabriëlskloof, oorspronklik Avontuur, is later herdoop na sy eerste eienaar, Gabriël le Roux. Hy het vanaf 1860 hier wyn gemaak en brandewyn gestook om aan reisigers te verkoop wat die lang droë reis na die buitewyke van die kolonie aangedurf het. Bernhard Heyns het Gabriëlskloof in 2001 gekoop met die oog daarop om wyndruiwe en olywe in hierdie tradisionele koringstreek te vestig en te verbou. Die eerste wingerde is ’n jaar later aangeplant en sedert 2008 is Kobie Viljoen die wynmaker. Kobie se ervaring met rooi wyne het plaas gevind by Distell (voorheen SFW), Landskroon en Winecorp (Spier, Longridge). Hy het toe in Marlborough in Nieu-Seeland meer geleer van Sauvignon Blanc. Foto’s & Teks: Tania Bester