Ski
Ek en twee van my
vriende, Alta Krige
en Morné Coetzer,
het in Switserland
gaan ski. Hier
ski ons teen berg
Matterhorn af.
Dis ’n ysgletser en
’n mens kan heel
jaar daar ski. Ons
het baie geval.
Disney
Ek het in 2003, agtien
maande nadat ek
klaar gestudeer het, by
Disney World gewerk.
Hier vertel ek “African
tales” vir die families
om die kampvuur. Dit
was die beste jaar van
my lewe.
Die derde toring in Kuala Lumpur
Ek het vir die aardigheid foelie gaan koop en myself
die derde toring gedoop. Dit was in 2008. Ek love die
Maleisiese hoofstad!
La Tomatina
Ek en vriende het in 2005 die La Tomatina-fees in Spanje
bygewoon. Dis die grootste food fight ter wêreld. Altesame
30 000 mense kom bymekaar in ’n klein dorpie en groot vrag
motors laai ’n paar honderd ton tamaties af... dan gooi julle
mekaar. Ek het nog nooit so baie op een dag gelag nie.
Malvalekkers
en lawa
Ek en my Amerikaanse
meisie van daardie tyd,
Emerald Berg, het in 2009
’n aktiewe krater in Guata
mala uitgeklim en malva
lekkers saamgeneem om
dit oor die lawa te braai.
Dit is een van die coolste
ervarings van my lewe!
Grens van Mongolië
Dit is teen die wet om sendingwerk in China te
doen. Ons het dit nogtans gaan doen, maar toe
die polisie snuf in die neus kry, is ons ondervra
en moes die missie staak. Ons het toe verder
gereis na plekke waar toeriste nooit kom nie.
Hier is ek op die grens van Mongolië waar ons
’n paar dae gebly het om die kultuur en kos van
die gebied te geniet.
Bravo! Donderdae om 20:00 en
Huis Paradys Woensdae om 17:30, albei op kykNET, DStv-kanaal 144
2016 | UITGAWE 4 | kykNET
45