FEROZA KATZ
’n kykNET-steunpilaar
soos min
Van almal wat by kykNET werk, is Feroza Katz die langste daar. Sy vertel hoe sy gevorder het
van ’n assistent tot haar huidige pos as hoof van inhoudsbeplanning en skedulering by een
van die grootste en suksesvolste kanale op DStv.
D
aar was net vyf mense by
kykNET toe Feroza Katz op
5 Januarie 2004 by dié nuwe
Afrikaanse kanaal begin
werk het. Sy onthou sy moes maar oral
inspring om te help.
“Dit was die jaar van kykNET se vyfde
verjaardag, en ek is aan die diep kant
ingegooi, want van my kollegas was
met verlof. Ek het telefone geantwoord,
42
kykNET | UITGAWE 4 | 2016
notules geskryf van vergaderings waar
ek nie was nie, gehelp met bemarking en
skedulering, en was op die koop toe die
assistent van die destydse kanaalhoof,
Theo Erasmus. Dit was ’n baie opwin
dende jaar.”
Behalwe vir Theo en Feroza het die
res van die span bestaan uit Sandra
Geldenhuys, wat die skedulering en
publisiteit behartig het; Lani Lombard,
wat die bemarking gedoen het; en Zeno
bia Gillian, wat vir die argief verantwoor
delik was.
“Dit was dalk ons posbenamings, maar
ons het regtig almal alles gedoen,” sê
Feroza. “2004 was die jaar van kykNET
se tweede volwaardige dramareeks, Plek
van die Vleisvreters, en een van my take
was om te sorg dat al die gaste uitkom
by die bekendstellingsfunksie, wat by
’n lodge in die Wes-Rand gehou is. Van
hulle het toe nié opgedaag nie, en ek het
stoksielalleen in ’n bus – ’n hele bus! – by
die funksie opgedaag.”
Feroza het aanvanklik op ’n kontrak
basis gewerk, maar met die gesprekke
van ’n nuwe kanaal onder kykNET
se vlerk het sy einde 2004 ’n vaste
aanstelling gekry: programredakteur (of
log editor) vir die musiekkanaal MK.
“In daardie stadium het ek logs ver