kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 37

7 Maak die tegnologie jou vriend. As jy min tyd het, wil jy nie verdwaal nie. Jy kan op Google Maps die adres intik waar­ heen jy wil gaan, en selfs as jy nie meer aan WiFi gekoppel is nie, sal jy nog altyd kan sien presies waar jy stap. Ek het geen idee hoe dit werk nie, maar dit werk! 8 ‘As jy in Europa reis, pak so lig as wat jy moontlik kan.’ Ek is nie ’n groot inkopieslaaf nie; vir my gaan dit absoluut oor erva­ rings – ervarings wat my iets wys van ’n land se geskiedenis. Voorbeelde is ’n restaurant wat ’n tradisionele ete berei of ’n tradisionele aand hou. In Praag was dit ’n aand van tradisionele kos, tradisio­ nele dans en hulle het die gehoor ook die geleentheid gegee om deel te wees daar­ van. Probeer minstens een tradisionele ervaring inpas. 9 Kloksgewys van heel bo ’n Pronkerige pou by Aquila, ’n natuurreservaat buite Touws­ rivier; Vroeër vanjaar in Venesië; Nader aan ’n trop renosters kan jy nie kom nie – dié foto is verlede jaar by Aquila geneem; Tracey voor die bekende Notre Dame in Parys; In Wene, Oos­tenryk, het Tracey midde-in ’n betoging beland; By die Arc de Triomphe in Parys. Om in die middestad te bly is altyd lekker en maak op ’n praktiese vlak sin, maar soms verg dit net ’n treinrit van vyf minute om buite ’n hoofstad ’n heer­ like, meer tradisionele sy van ’n land te verken. Dikwels is dit ook goedkoper. 10 Leer die basiese woorde soos “hallo”, “asseblief”, “dankie” en “kan jy Engels praat?” in die taal van die land wat jy besoek. Jy sal verbaas wees hoe gretig mense is om jou te help as jy hulle in hulle moedertaal benader. 39 Bravo! Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 2016 | UITGAWE 4 | kykNET