kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 27

Ingrid Glorie Bennie Eksteen Ek woon in Haarlem, Nederland, en is redakteur van Maandblad Zuid-Afrika. Ek is ’n Nederlander en my huismaat ’n Suid-Afrikaner wat al dertig jaar in Nederland woon. ShowMax is vir albei van ons ’n manier om op die hoogte te bly van ontwikkelings in SuidAfri­ka en om in voeling te bly met wat ons familie en vriende in Suid-Afrika kyk. Dis ook ’n goeie manier om te weet wat aangaan met lewende Afrikaans. Ons kyk graag die ou flieks en volg programme soos Robinson en KN Verslag. Ons het die meeste episodes van Reis na Gister, Republiek van Zoid Afrika, Sandra op ’n Drafstap en Jan Braai gekyk, en as ons genoeg tyd gehad het, sou ons elke week Kwêla wou kyk. Boland Moorde was onderhoudend en Die Byl is regtig goed. Nou moet ek begin opvang met Binnelan­ders, want Amanda Strydom is daarin te sien! Ek wil ander Suid-Afrikaners aanmoedig om ShowMax te kry – dis regtig nie duur nie. Die drie kykNET-persoonlikhede wat ek graag vir ete sal wil nooi, is Sandra Prinsloo, Hannes van Wyk en Waldimar Pelser. Ek en my vrou, Amanda, woon al 18 jaar in Amerika. Ek is ’n siviele ingenieur en Amanda bedryf haar eie besigheid. Ons hou van die geselsprogramme op ShowMax – ’n groot gunsteling is Republiek van Zoid Afrika. Ons kyk ook Hotel, soms van die rolprente, Fiësta, Toks & Tjops en OppieStoep. Vir ons is die grootste voordeel van ShowMax om Afrikaans te hoor. Dit is ’n onbeskryflike gevoel. Ek sal ander Suid-Afrikaners in die buiteland aanraai om ShowMax te kry sodat hulle ook dié genot in die Afrikaanse programme kan vind. Ja, ons mis Suid-Afrika: die kultuur, Afrikaans, ons mense, braaivleis, die see, sonskyn en Kaapstad. As ek drie kykNET-persoonlikhede vir ete kan nooi? Daar’s so baie om van te kies, maar uiteindelik sal dit seker Karen Zoid, Schalk Bezuidenhout en Jan Braai wees. HAARLEM, NEDERLAND NEW JERSEY, AMERIKA ‘Ek sal ander Suid-Afrikaners in die buiteland aanraai om ShowMax te kry.’ Hoe werk dit? Net omdat jy anderkant die waters bly, beteken dit nie jy hoef al kykNET se puik programme mis te loop nie. ShowMax, wat sedert Desember 2015 kykNET se inhoud beskikbaar stel, is net die ding om die ergste verlange na sonnige Suid-Afrika én Afrikaans te stil. Teen ’n maandelikse tarief het jy toegang tot duisende reekse en flieks wat jy op jou slim-TV, skootrekenaar, slimfoon of tablet kan kyk. Julle kan selfs op dieselfde tyd op verskille toestelle na verskillende programme kyk. ShowMax is beskikbaar in Australië, Nieu-Seeland, Noord-Amerika, Kanada, Brittanje en die res van WesEuropa. Daar is daagliks nuwe episodes van gewilde reekse soos Binnelanders en Getroud met Rugby, en aktualiteitsprogramme is binne 24 uur nadat dit in SuidAfrika uitgesaai te sien. Wat kos dit? Vir gebruikers in Suid-Afrika kos ShowMax R99 per maand, terwyl Suid-Afrikaners in die buiteland US$8,99 per maand betaal – ’n winskoop in enige geldeenheid. Wat het jy nodig? ’n Internetverbinding van minstens 2 Mbps, hoewel 4 Mbps aanbeveel word vir die heel beste ervaring. 27 2016 | UITGAWE 4 | kykNET