kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 18

BOER SOEK ’N VROU 5 minute met die Top 5 Dinge begin nou warm raak – ons vra ’n paar vrae aan elkeen van die kêrels wat deurgedring het. Is enigiemand spyt? Leon-Fritz ‘Ek is enige skoonma se droom.’ Leon-Fritz (29) bedryf ’n gemengde boerdery in die Roedtan-omgewing in Limpopo. Hy is op soek na ’n selfstandige vrou wat hou van lag. Leon-Fritz beskryf homself as beginselvas, sportief en lief vir die buitelewe. Hoekom wou jy inskryf? My vriende was die grootste motiveerders. Maar dit was ook die kans om iemand te ontmoet buite die huidige sosiale kring en omgewing waarin ek beweeg. Wat was jou reaksie toe jy hoor jy is een van die top 5? Onseker dog opgewonde. Hennie ‘Dis maklik om voor te gee wat jy nié is nie, maar dis nóg makliker om jouself te wees.’ Hennie is ’n 26-jarige veeboer van Willowmore in die OosKaap. Hy hou van ’n vrou wat weet wie sy is en wat sy in die lewe wil hê, en beskryf homself as spontaan, avontuurlustig en iemand wat hou van die mooi dinge in die lewe. Vir hom is romanse nie een afspraak nie, maar eerder ’n honderd klein dingetjies, soos ’n piekniek in die skemer. Hoekom wou jy inskryf? Dit het nog altyd vir my na ’n lekker ondervinding gelyk, en natuurlik is daar die hoop om iemand spesiaals te ontmoet met wie ek ’n lewenspad kan stap. 18 kykNET | UITGAWE 4 | 2016 En jou reaksie toe jy die inskrywings sien? Verbaas. My mond was skielik droog en my wange rooiwarm. Wat was die belangrikste: die foto, die brief of die geskenke? Die foto het vir ’n mate van belangstelling gesorg, maar die brief het die deurslag gegee. Wat was tot dusver die moei­likste? Die week op die plaas het my in alle opsigte getoets – dit was baie tough! Wat het jy tot dusver die meeste geniet? Die blitsafsprake. Om die idee wat jy rondom die brief en die foto gevorm het in die werklikheid te ervaar en daarvolgens op te tree. Is jy al spyt jy het ingeskryf? Nee, hoewel ek ’n baie private mens is en voel die reeks het my grense getoets. Wat is jou idee van ’n romantiese aand? Dit gaan nie oor iets spesifieks nie. Dit is die miljoen klein dingetjies wat saak maak. Met die regte persoon aan jou sy kan ’n romantiese atmosfeer enige oomblik opduik. Watter vrou is vir jou die ideale voorbeeld van ’n vrou, en hoekom? Enige vrou wat gemaklik is met haarself. Iemand wat kan lag, trots is en selfrespek het. So ’n vrou kondig haar teenwoordigheid aan wanneer sy ’n vertrek binnekom sonder om ’n woord te sê. Wat was jou reaksie toe jy hoor jy is een van die top 5? Ek was verbaas. Vanjaar se tien boere was ’n sterk groep. En jou reaksie toe jy die inskrywings sien? Baie opgewonde, maar terselfdertyd lekker op my senuwees. Wat was die belangrikste: die foto, die brief of die geskenke? Die brief was beslis vir my belangrik, maar so ook die foto’s. Op ’n foto kan ’n mens si en of jy aangetrokke is tot iemand. Geskenke is ’n bysaak. Wat was tot dusver die moei­likste? Om die meisies huis toe te stuur, want almal was daar met hoop en ek is nie iemand wat mense wil teleurstel nie. Wat het jy tot dusver die meeste geniet? Die mense wat deel is van die program. Ons het almal van dag een af baie goed oor die weg gekom. Is jy al spyt jy het ingeskryf? Dit was nie altyd maklik nie, maar ek is beslis nie spyt daaroor nie. Ek het dit as ’n voorreg gesien om deel te wees van die program waar jy so baie van jouself en ander mense leer. Wat is jou idee van ’n romantiese aand? Enigiets of enige plek met die regte persoon se geselskap. Watter vrou is vir jou die ideale voorbeeld van ’n vrou, en hoekom? Al voorbeeld wat ek nog gehad het, is my ma. Om te alle tye liefde te toon, ongeag die omstandighede. Ook hoe sy my pa altyd ondersteun, en die ma wat sy vir ons vyf kinders is. My vrou moet beslis eendag die hart van die huis wees.