kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 16

Driehoeke , vriendskappe … en die groot vete

Lee-Ann , Chris en Rita Lee-Ann het aanvanklik nader aan Chris probeer kom sodat sy inligting oor Ian kan kry . Maar hoe meer tyd hulle saam bestee , hoe meer het hulle van mekaar begin hou . Met Rita se terugkoms moet hulle egter ’ n tree terug trap .
Bridgette , Lee-Ann en Ian Jare gelede het Ian en Lee-Ann die kat in die donker geknyp , maar Bridgette het daarvan uitgevind . Sy kon dit nog nooit verwerk nie , en met Lee-Ann se terugkoms verwag sy die ergste .
16

Die troue waarvoor almal gewag het …

Ons het hulle storie van die begin af gevolg : Tim , die nuwe outjie op kantoor , wat per ongeluk die oliebol van Nicci ( Gerwin Simon ), die baas se ambisieuse dogter , gegaps het en sy wat koud staan teenoor die flikkers wat hy gooi . Maar uiteindelik het sy die verliefde Tim ’ n kans gegee . Hulle verhouding is egter nie sonder die nodige intrige nie . Bridgette weier dat haar dogter met ’ n humeurige man soos Tim afhaak , én dan is hy nog die seun van ’ n handlanger ! Chris is gekant teen die huwelik , om die blote rede dat hy nie sy seun aan
die October-gesin wil blootstel nie . Rhafiek is van kindsbeen af Nicci se beste vriend , en wanneer Nicci haar hart op Tim verloor , besef hy wat hy nog altyd onbewustelik geweet het : Hy het Nicci ook lief . Die druk van alle kante het die paartjie in ’ n hoek begin druk en hulle het besluit om voor die landdros te trou , maar Mrs J het ander planne gehad . Sy het in die geheim vir hulle ’ n spesiale troue gereël , maar toe Rhafiek ’ n dag voor die troue sy liefde aan Nicci verklaar , val dinge uitmekaar en Nicci los vir Tim voor die kansel .
‘ Die druk van alle kante het die paartjie in ’ n hoek begin druk en hulle het besluit om voor die landdros te trou , maar Mrs J het ander planne gehad .’
Jerome se eerste groot liefde Jerome raak die oggend ná ’ n partytjie op ’ n boot wakker met ’ n pragtige blondine , Carmen Fourie ( Desiré Gardner ), langs hom . Hulle besef hulle het die vorige aand getrou en probeer dit geheim hou . Hulle besluit om te skei , maar begin dan van mekaar te hou . Intussen vind Bianca , Carmen se suster , en die Octobers uit van die huwelik . Jerome verklaar sy liefde vir Carmen en hulle trek saam in , maar kom tot die besef hulle het oorhaastig besluit .
Links bo Nicci ( Gerwin Simon ) en Tim ( Marco Spaumer ) se troue was veronderstel om ’ n dag van liefde te wees , maar wanneer sy voor die kansel besef dat sy gevoelens vir Rhafiek ( Irshaad Ally ) het , los sy vir Tim voor die kansel . Bo Jerome en Carmen ( Desiré Gardner ) het op die ingewing van die oomblik getrou – en probeer skei sonder dat enigiemand dit agterkom . kykNET | UITGAWE 4 | 2016