Bianca
Die Samsodiens Mymoena (Jill Levenberg) en AB Sam
sodien (Cedwyn Joel), die apteker van Ruiterbosch, is gelukkig getroud, maar wanneer Bianca Fourie (Simone Biscombe)
opdaag, breek alle hel los. Mymoena is Bianca se biologiese ma,
maar sy het haar vir aanneming weggegee en nooit vir AB van
haar vertel nie. Bianca kry werk as kelnerin by Oos Wes en erken
aan haar vriendin Michelle Gerber (Greta Pietersen) dat haar
biologiese ma in die sentrum “werk”. Bianca sê vir Mymoena sy is
haar ma en AB dreig om van haar te skei, maar dinge kom reg en
Bianca word deel van die familie.
Rhafiek
AB
Mymoena
is Bianca se
biologiese ma
Mymoena
Oom Fasie
Tim
Stefan
Chris
Die Fouries en Gerbers
Stefan (Gideon Lombard) en
Michelle Gerber is familie
van Chris en Tim (Marco
Spaumer) du Plooy wat weens
finansiële probleme vir ’n onbepaalde tyd by hulle intrek.
Michelle wil graag met ’n gesin begin, maar Stefan dink
hulle moet wag. Dan raak sy
wel swanger… en Stefan sukkel om die nuus te verwerk.
Konkel saam om
beheer oor die
sentrum te kry
Michelle
Daar is komplikasies
met die swangerskap en
Michelle verloor die baba.
Hulle het mekaar nou meer
as ooit tevore nodig.
Rita du Plooy (Illse
Roos) is Chris se vrou en
Tim se ma. Sy was baie jare
in ’n sanatorium weens
skisofrenie. Rita probeer
baie hard om normaal voor
te kom en sy besluit om haar
medikasie te los. Sy vermoed
Chris en Lee-Ann het ’n ver
houding en sy verdwyn.
Later word sy in Mrs J
se huis betrap en dan
weer na die sanato
rium weggestuur.
Oom Fasie, ’n wewenaar, was
’n bekroonde joernalis en is
vandag die eienaar van die
koerant Oos Wes. Ná ’n skiet
voorval in die apteek waarin
AB beseer is, begin hy foute
maak. Wanneer Fasie se geliefde Matilda (Tilla Diedericks)
die verkeerde pille drink en
aan ’n hartaanval sterf, sweer
Derick, Mathilda se seun,
wraak teen AB en sy apteek.
Maar is AB skuldig? Of is
iemand anders te blameer?
Oom Fasie kry ’n beroerte en
sy langverlore suster, Hanna
van Schalkwyk (Lida Botha),
kom na hom omsien. Dit is
egter allesbehalwe ’n gelukkige
reünie, maar hulle begrawe die
strydbyl en Hanna neem Fasie
terug na sy tuisland, die Vry
staat. Oos Wes word in Stefan
se bekwame hande gelaat. >
Stefan is nou
in beheer van
Oos Wes
15
Fasie
2016 | UITGAWE 4 | kykNET