kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 11

Links Stian Bam is André Fourie en Brendon Daniels speel die rol van Shane Williams. Regs Nicole Holm speel die rol van Elise, Fourie en Williams se kantoor­ assistent. Onder Tinarie Van Wyk Loots is te sien as die patoloog Rachelle de Jager. Kyk jy speurreekse en lees jy speurromans? Ja. As kind was ek mal oor die Hardy Boys en die Duitse TV-reeks Derrick, wat in Afrikaans oorgeklank is. Derrick was ons go-to guy. Ook reekse soos Murder She Wrote en boeke deur Agatha Christie. Deesdae kyk ek Britse reekse soos Midsomer Murders, Inspector Morse en die nuwe Sherlock Holmes. Die Dene maak ook baie goeie speurreekse. Dis diep en donker, maar riveting. Jy en Brendon speel baie goed teen­ oor mekaar. Was die energie tussen julle van die begin af daar? Ons ken mekaar al lank en het al op die verhoog teenoor mekaar gespeel. Toe ons saam begin speel het, het die energie net gewerk. Brendon is uniek. Hy bring altyd ’n vars, menslike energie. Sy persoonlikheid is so groot en hy is so liefdevol en stout – en hy’s regtig ’n fantastiese akteur. Ons is ’n vangnet vir mekaar. As ek iets opneuk, is hy daar en ek is altyd daar vir hom. Ons lag ook baie. Ek voel veilig as ek teenoor hom speel. Ek weet wat ek kry en weet waar ek kan gaan. Julle is ook al twee bekroonde ver­ hoogakteurs. Dink jy julle werk op die verhoog het ’n invloed op julle TV-werk? Dis ’n moeilike vraag. Elke medium het sy eie dissipline. Op die verhoog het jy lang repetisietye en dan ’n speelvak. Jy het ’n reis wat jy deurgaan en op die verhoog deel jy daardie reis met die gehoor. Vir TV-werk doen jy baie van die werk op jou eie by die huis. Tegnies is dit dus baie anders. Ek leer nog baie, maar vir my is dit lekker om in al die mediums te werk – die verhoog, TV en rolprente. Daar is 88 akteurs in die nuwe reeks – van hulle groot name. Wat leer jy by hulle? Daar was baie spelers: jonk, oud, gesout, ongesout. Dit is ’n groot eer om saam met die mense te werk wat dit al lankal doen, maar ek het ook by die jonger mense geleer. Hulle het ’n rou, eerlike intensiteit. Ek leer elke dag deur die energie te voel en te sien waarheen jou medespelers ’n toneel neem. Acting is eintlik reacting. Om te luister en jou woorde te onthou en sin te maak van wat jou karakter sê. As jy in enige reeks teenoor die akteurs en aktrises van jou keuse kan speel, wie sal hulle wees? Ek het nie gunstelinge nie – nie ’n kleur of musiek of enigiets nie. Daar is elke dag ’n ander emosie in my. My vrou, Truda, weet nooit waar sy met my staan nie. Dit hang dus af van omstandighede – die regte teks, die regte dag, die regte emosie. van 40 kunswerke wat deel was van die Sanlam-portretkompetisie.) Kuns ontroer my. Ek was vroeër vanjaar in Amsterdam en het gehuil toe ek “Die Nagwag” van Rembrandt sien. Ek twyfel egter of ek ’n kunstenaar is. Ek speel daarmee en geniet dit, maar om werklik ’n kunstenaar te wees moet jy tussen vier en ses uur per dag werk. In dié stadium droom ek net daarvan om minstens by ’n tegniek uit te kom wat vir my werk. Hoe het pa-wees jou verander? Jannes en Sofia het my lewe onherroeplik verander. Ek het nie gedink ek sal ooit soveel liefde kan ervaar nie. Bo alles het ek soveel meer respek en liefde vir my eie ouers – ek besef nou eers hoe lief hulle my het. Met wie deel jy graag die verhoog? Dit geld vir die verhoog ook – ek was al bevoorreg om saam met soveel mense te speel. Maar my ultimate is om saam met die regisseur Marthinus Basson te werk. Hy het die teaterlandskap in Suid-Afrika verander, en elke keer as ek saam met hom werk, verstom sy talent my. Hy is ’n ware kunstenaar. Jy is ook ’n talentvolle kunste­ naar. (’n Portretstudie wat Stian van die aktrise Antoinette Keller­ man gemaak het, was vanjaar een 2016 | UITGAWE 4 | kykNET