kykNET Mei 2017 | Page 4

MEI 2017

inhoud

4 | Ghoemas
Ons wys eksklusiewe foto ’ s van al die wenners en die glans-aand !
Con Grazia

Ghoemas maak geskiedenis

Welkom by die tweede maandelikse uitgawe van kykNET se Digityd , ons digitale tydskrif wat ook in druk verskyn , en ’ n baie groot dankie vir die oorweldigende positiewe terugvoer . Die kykNET-span poog om in alles wat ons aanpak vir ons kykers – én lesers – net die beste te gee .

Die jaar het op ’ n galop weggespring en mens kan skaars glo dit is al herfs . Die Ghoemas en die Suidoosterfees wat so op mekaar se hakke gebeur het , het ons opnuut bewus gemaak van die ongelooflike talent in Suid-Afrika .
Die Ghoemas het vanjaar geskiedenis gemaak en ’ n nuwe era in ons musiekbedryf ingelui . Dié jaarlikse toekennings het gewys Afrikaans kan pop en rock , alternatief wees en hip-hop ; en dat jong talent uit die uithoeke van Suid-Afrika met gevestigde kunstenaars kan meeding . Deur kykNET se betrokkenheid die afgelope vyf jaar by die Ghoemas wil ons Afrikaanse musiek help ontgin en sy
Joshua na die Reën volle potensiaal laat bereik . Ons is beslis op die regte pad !
In Mei wag daar verskeie hoogtepunte op al drie kykNET-kanale . Kykers sit vasgenael en wonder oor al die geheime in Sara se Geheim en byt naels met elke episode van Kokkedoortjie . Indien jy reekse soos Getroud met Rugby , die sepie , en Die Boekklub misgeloop het , kan jy nou rustig inhaal op kykNET & Kie .
En as jy regtig wil weet wat in die land en die wêreld aangaan asook die beste menings wil hoor , is daar kykNET Verslag en die ryk oes van aktuele programme wat ons bied .
Geniet hierdie uitgawe en laat hoor asseblief weer van julle !
Tot volgende maand .

Karen en die kykNET-span

8 | Leef jou Reis
Vir die nuwe reeks wou Gerrie Pretorius met alle mag Tristan da Cunha toe , ’ n reis wat lewensgevaarlik sou wees …
11 | Getroud met Rugby
Hier is alles wat jy moet weet – die sepie se goue seuns , engele en rugstekers
12 | Sara se geheim
Marlo Minnaar is eintlik ’ n diep denker en ‘ vriendelike bra ’
15 | Winslyn
Laat jou spaarvark se pensie bult met Divan Botha se spaarwenke
16 | TV-skedules
Só weet jy altyd wat wys wanneer op al drie die kykNET-kanale
25 | Johnny is nie dood nie
Dié fliek het agt toekennings losgeslaan en gaan die tonge laat klap
26 | Vlyt-Vlyt
Michelle Holtzhausen se kreatiewe planne en inkleurblad sal jou lekker besig hou
28 | ShowMax
Kyk al jou kykNET-gunstelinge , waar jy ook al in die wêreld is
30 | Die Groot Ontbyt
Pak tjoef-tjaf ’ n gesonde kosblik vir die gesin met dié maklike tuna-enmieliekoekies
Vir kykNET Direkteur : kykNET-kanale , M-Net Karen Meiring
Hoof van bemarking en publisiteit : kykNET-kanale Angerie van Wyk
Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter
@ kykNETtv
kyknet . co . za
Kontak kykNET
011 686 6000 kyknet @ kyknet . co . za
kykNETtv
kykNETtv
Uitgewer : In Context Redakteur Ilza Roggeband
Besturende redakteur Peter van Noord
Kunshoof Monique Mouissie
Teksredigering Peter van Noord , Johan van Zyl en Marian van Wyk
Medewerkers Haidee Muller , Heleen Meyer , Lindie Stander , Esther von Waltsleben , Gerda Engelbrecht
Foto ’ s verskaf deur kykNET ( tensy anders vermeld )
32 | Rubriek
Lindie Stander oor grootmens speel en ander irritasie ( tjies )
32 | Wie is ek ?
Weet jy wie is dié baba ?
33 | Blokraai
Kry die verskuilde woord en wen R1 000 se Checkers-koopbewyse
34 | Rubriek
Spesiaal vir Moedersdag : Esther von Waltsleben verruil haar Alek se terrible twos vir niks ter wêreld nie
3
MEI 2017 | kykNET