kykNET Mei 2017 | Page 26

SPESIALE INKLEURBLAD! #kunsvlyt Vlyt-vlyt, Lees meer oor die deelnemers by kykNET.tv kry uit die kleurkryt Kunsvlyt het vandag vele vertakkings, en te oordeel na die kreatiwiteit van die deelnemers in Kunsvlyt, is die moontlikhede van projekte wat jy kan aanpak, eindeloos. M ichelle Holtzhausen (foto bo) was van jongs af lief vir helder kleure en unieke goed, maar haar liefde vir kunsvlyt het eers op universiteit posgevat nadat haar ma ’n kunsvlytwinkel gekoop het. “Die gogga het sommer vinnig gebyt,” sê Michelle, die aanbieder van Kunsvlyt op kykNET. Michelle is eintlik ’n bedryfsielkundige. Ná ’n draai by ’n werwingsmaatskappy in Londen het sy teruggekom Suid-Afrika toe en die leisels by The Bead Book oorge- neem as redakteur en uitgewer. Later het sy die behoefte aan ’n kunsvlytpublikasie raakgesien en Creative Hobbies begin, ’n tydskrif wat maandeliks vir lesers stap- vir-stap-projekte gee. Michelle is ’n kranige kunsvlyter en geniet veral die uitdaging om ou goed nuwe lewe te gee. 26 Watter vyf dinge moet ’n kunsvlyter in haar of sy laai hê? ’n Algemene gom, ’n goeie skêr, ’n kuns­ vlytmessie, verf en Modge Podge (’n seëlmiddel wat in verskeie projekte gebruik kan word). Wat is die jongste tendense in kunsvlyt? Die gebruik van gekombineerde me­diums. Mense gebruik nie meer net een tegniek op ’n slag nie. Al die verskillende soorte – soos découpage, plakboek, joernale, verf en so meer – word saam gebruik. Ons leen oor en weer van mekaar se mediums en tegnieke om één meesterstuk te lewer. Hekel- en breiwerk is ook besig om ’n hele omwenteling te ondergaan en weer die jong klomp te inspireer. Wat is die grootste fout wat kunsvlyters deesdae maak? Om nie hulle foute as ’n nuwe tegniek in te span nie. Soveel keer maak ons foute, maar die fout word uiteindelik ’n nuwe tegniek wat kan werk en ’n nuwe wêreld kan oopmaak. PLANNE MET JOU INKLEURBLADSY Gee jou kreatiwiteit vrye teuels wanneer jy jou kleurkryt nader trek om die inkleurbladsy lewe te gee. En as jy klaar is, kan jy een van die volgende planne probeer met jou voltooide inkleurblad. 1 Gebruik dit om jou eie mosaïek- teëls of papiermosaïek te maak. 2 Gebruik dit vir ’n découpageprojek. 3 Laat dit op skilderdoek druk en gebruik dit dan as ’n muurbehangsel. 4 Gebruik dit om jou eie geskenk- etikette te maak. 5 Gebruik deurskynende verpakkingskleeflint en maak jou eie plakkers. As jy enige benodigdhede vir enige kunsvlytprojek na ’n verlate eiland kan neem, wat sal dit wees? My gereedskapskissie, verf, Modge Podge en mooi papier. Aan watter kunsvlytprojek werk jy tans? ’n Rakkie vir die kombuis wat ek dink ’n speseryrakkie gaan word. Ek is ook besig om ’n ou kassie in die eetkamer op te kikker en nuwe lewe te gee deur dit te verf en verouder. Én ek versier ’n slaapkamer se kasdeure met piouter en houtrame. Wat was jou grootste flop tot dusver? Om te probeer skilder! Intussen het ek darem baie maniere gevind om mooi prente te gebruik en op verskillende mediums oor te plaas. En die grootste sukses? Creative Hobbies, my tydskrif. Elke uitgawe werk volgens ’n tema en elke projek wat geplaas word, is die resultaat van ’n dinkskrum tussen my en verskeie kunsvlyters wat tot die tydskrif bydra. Maak jy alles klaar wat jy begin? Nee. Ek dink nie daar is ’n kunsvlyter wat dit kan sê nie. Ons het almal ’n “moet-dit-nog-klaarmaak”-kas! Wat kan kykers nog verwag? Kunsvlyters wat geïnspireer word – en dít gaan weer die kykers inspireer. Heerlike kreatiwiteit, passie en ’n liefde vir kunsvlyt. Die program wys unieke kunsvlyters, elk met ’n eiesoortige styl. Dit gaan pret wees vir die hele gesin! 27 Kunsvlyt Vrydae om 18:00 op kykNET, kanaal 144 kykNET | MEI 2017 MEI 2017 | kykNET