kykNET Mei 2017 | Page 14

#winslyn VERTROETEL JOU SPAARVARK Wanneer die ekonomie knou, beteken dit nié jy kan nie spaar nie. Divan Botha, aanbieder van die sakeprogram Winslyn, gee sewe wenke. H y het ’n meestersgraad in internasionale bemarking agter sy naam en was op ’n jong ouderdom die hoof van bemarking by ’n bank se besigheids- dienste, maar dis entrepreneurskap wat Divan Botha se hart vinniger laat klop. Vier jaar gelede het hy en ’n vennoot The Whippet, ’n koffiewinkel in Linden, Johannesburg, begin en ’n paar jaar later Flight Coffee, ’n gesogte Suid-Afrikaanse koffiewinkelgroep. As dit van Divan afhang, gaan hulle groot koffiewinkel- groepe soos Starbucks ’n ding of twee wys. Daar is klaar planne vir winkels in Londen en Hongkong. Divan beskryf homself as ’n passievolle Suid-Afrikaner – én Johannesburger – en glo entrepreneurskap is die sleutel tot die ommekeer van die Suid-Afrikaanse eko­ no­mie. En ja, sê hy, dit ís moontlik om te spaar, selfs al is die ekonomie nie wat dit moet wees nie. Hier is sy raad. 1 Betaal eers jou skuld af Dit geld veral vir korttermynskuld soos ’n kredietkaart. Die rente wat ons op kredietkaartskuld betaal, sal altyd meer wees as die positiewe rente of die opbrengs op enige belegging. 2 Jy het dit nie nóú nodig nie Ons almal koop dinge wat ons nie regtig nodig het nie. Dit is te danke aan ons “ek wil dit nóú hê”-leefwyse. Die beste is om nóú te spaar en dan geniet jy die vrugte daarvan láter. Nee, jy het nie daai nuwe kar nou nodig nie. 3 Moenie jouself doodspaar nie Ek glo ’n gelukkige entrepreneur of sala­ ris­trekker gaan ook makliker spaar. Jy moet in jouself belê, want jy is die een waarheen julle besigheid op pad is. As jy wat die besigheid moet laat groei. Bederf ’n entrepreneur is, maak seker jy neem jouself van tyd tot tyd met iets – dit maak jou kinders werk toe en leer hulle hoe langtermynspaar makliker. ’n besigheid werk. Entrepreneurs word 4 Elke bietjie help om die etenstafel gemaak, net soos atlete Ja, dis waar: Dit maak ’n groot verskil as jy op die atletiekbaan gemaak word. oor ’n lang tydperk daai ekstra R100 per maand in jou huislening betaal. Selfs net R250 per maand ekstra kan maak dat jy jare vroeër jou huislening afbetaal. 5 Begin nóú spaar Die beste tyd om te begin spaar, is gister – hoe vroeër hoe beter. En nee, dit maak nie saak hoe oud jy is nie; dis nooit te laat nie. 6 Leer jou kinders van spaar en belê Dit is ’n beter geskenk as ’n nuwe fiets. Die kultuur van spaar en langtermyn- finansiële sukses begin meestal in jou eie huis. Leer jou kinders van geld: Waar kom dit vandaan en wat is die beste manier om dit te ge­bruik? My pa het altyd sog- gens die Sake-Beeld langs my bed gesit en gesê: “Vanaand as ek by die huis kom, gaan ek vir jou vrae vra oor wat daar staan.” ’n Mens is nooit te jonk om te leer nie. 7 Die volgende groot entrepre- neur sit dalk aan jou etenstafel... Afrikaanse gesinne gesels omtrent nooit oor geld nie en ek glo dit is Lees meer ’n fout. Gesels met oor die jong jou kinders oor jou entrepreneur dag by die werk en Divan Botha by kykNET.tv 15 Winslyn Dinsdae om 22:00 op kykNET, kanaal 144 MEI 2017 | kykNET