kykNET Mei 2017 | Page 10

Arno Carstens se eerste Afrikaanse album , Die Aandblom 13 , is bekroon as beste alternatiewe album .
Die Jaloersbokkies het die toekenning gewen vir beste boeremusiek- of tradisionele musiekalbum . Hulle is , van links , Ashur Petersen , Nedine Blom , Jawaahier Petersen en Junaid Galant . Die Petersens het ook ’ n eretoekenning ontvang vir hul pa , Taliep Petersen , se bydrae tot die vermaakbedryf .
Vir nog Ghoemaglansfoto ’ s deur Yolandi Jacobsz , gaan na kyknet . tv en klik op die Ghoemaskakel .
Die sangeres Leah was stylvol in ’ n swart halternekrok met blommotiewe .
6
Charlize Berg was die wenner in die kategorie beste popalbum deur ’ n vrou vir As Jy Weet Dis Liefde .
Elizma Theron het geblom in geel . Haar Boeregirl met ’ n Country Hart is benoem vir beste country-album .
Early B , wie se “ Bene Lam ” as beste hip-hop-liedjie aangewys is , en Ashur .
kykNET | MEI 2017