kykNET Mei 2017 | Page 30

#GrootOntbyt Gesondheid in die kosblik Die afgelope jaar kry kykers elke Maandagoggend op Die Groot Ontbyt nuwe planne, maklike resepte en praktiese voorstelle vir kosblikke – ja, vir die hele gesin. K Deur Heleen Meyer osblikke vir die hele gesin... Dié sinnetjie is genoeg om enige mens se moed in hulle skoene te laat sak. Tog bly dit in die meeste huishoudings deel van die oggend­ roetine. Die kafeteria- of kitskos-opsies is verleidelik en gerieflik, maar dis vir almal belangrik om gesond te eet. En dis inder- daad makliker as wat baie mense dink. Die beginsels vir voedsame, gebalan- seerde kosblikke vir die hele gesin kan beslis meer as net nog ’n toebroodjie wees. As jy vooruit beplan, ’n lekker resep of drie het en sommer jou aandetes as basis vir die kosblikke gebruik, is die slag half- pad gelewer. Die doel van ’n kosblik is om almal versadig te hou tot die volgende ete. Elke ete, en daarom ook ’n kosblik, moet iets uit elke voedselgroep hê: ’n proteïen; ver- kieslik onverfynde stysel met ’n hoë vesel­ inhoud; vars groente of vrugte; en gesonde vette en olies soos olywe, avokado, neute en sade. En wat is ’n goeie porsiegrootte? Verdeel jou bord (of kosblik) in kwarte en vul een kwart met proteïen, een kwart met stysel en die res met vrugte en groente van die seisoen. Die geheim is om dit so vars en onverwerk as moontlik te probeer hou. Tuisgemaak is altyd die beste, want dan het jy beheer oor die sout, suiker, ongesonde vette en preserveermiddels. Hoe kleurryker ’n ete, hoe meer tekstuur én voedingswaarde is ingesluit. Onthou, ’n mens is dikwels teen laatmiddag lus vir peusel – sluit dus iets vullends en voed- saams in soos ’n hand vol neute, vrugte of tuisgemaakte peuselhappies. Een van die gewildste resepte wat ek onlangs op Kosblik gemaak het, is hierdie maklike tuna-en-mieliekoekies. Dit is heerlik as ’n ligte aandete en boonop gerieflik om in te pak. Die volkoringmeel maak dit nóg meer vullend en dis ewe lekker teen kamertemperatuur. Pak vars groente en vrugte daarby in, want die tunakoekies bevat reeds proteïen en stysel. ’n Slaai – of net tamatietjies, komkommer, Kry nog resepte by kykNET.tv geblansjeerde groen groente of avokado – is heerlik hierby. Gesonde kos is tot almal se voordeel. Tuna-en-mieliekoekies Genoeg vir 4 • 1 blik (170 g) tuna in water, gedreineer • 1 blik (410 g) suikermielies • ⅓ koppie (80 ml) bevrore ertjies, afgespoel • 1 koppie (250 ml) volkoringmeel • ½ teelepel (2,5 ml) bakpoeier • 2 eiers, geklits • 2 eetlepels (30 ml) gekapte vars pietersielie • ¼ teelepel (1,25 ml) sout • 1 eetlepel (15 ml) suurlemoensap • swartpeper na smaak • olyf- of avokado-olie vir braai 1 Sit al die bestanddele behalwe die olie in ’n groot mengbak en roer alles deur tot dit goed gemeng is. 2 Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai le­pels vol van die beslag tot goud­bruin en gaar. Draai die koekies om en braai ook die ander kant. 3 Skep die koekies uit en dreineer dit op kombuispapier. 4 Sit dit voor as deel van ’n kosblik met slaaibestanddele. Resep uit Cooking From the Heart 2. Gaan na heleenmeyer.co.za vir al die vorige kosblikresepte of volg haar op facebook.com/HeleenMeyerFood. 30 Die Groot Ontbyt Maandag tot Vrydag om 06:00 op kykNET, kanaal 144. kykNET | MEI 2017