kykNET Mei 2017 | Page 28

# winslyn
# winslyn

VERTROETEL JOU SPAARVARK

Wanneer die ekonomie knou , beteken dit nié jy kan nie spaar nie . Divan Botha , aanbieder van die sakeprogram Winslyn , gee sewe wenke .

Hy het ’ n meestersgraad in internasionale bemarking agter sy naam en was op ’ n jong ouderdom die hoof van bemarking by ’ n bank se besigheidsdienste , maar dis entrepreneurskap wat Divan Botha se hart vinniger laat klop .

Vier jaar gelede het hy en ’ n vennoot The Whippet , ’ n koffiewinkel in Linden , Johannesburg , begin en ’ n paar jaar later Flight Coffee , ’ n gesogte Suid-Afrikaanse koffiewinkelgroep . As dit van Divan afhang , gaan hulle groot koffiewinkelgroepe soos Starbucks ’ n ding of twee wys . Daar is klaar planne vir winkels in Londen en Hongkong .
Divan beskryf homself as ’ n passievolle Suid-Afrikaner – én Johannesburger – en glo entrepreneurskap is die sleutel tot die ommekeer van die Suid-Afrikaanse ekono mie . En ja , sê hy , dit ís moontlik om te spaar , selfs al is die ekonomie nie wat dit moet wees nie . Hier is sy raad .
1 Betaal eers jou skuld af Dit geld veral vir korttermynskuld soos ’ n kredietkaart . Die rente wat ons op kredietkaartskuld betaal , sal altyd meer wees as die positiewe rente of die opbrengs op enige belegging . 2 Jy het dit nie nóú nodig nie Ons almal koop dinge wat ons nie regtig nodig het nie . Dit is te danke aan ons “ ek wil dit nóú hê ” -leefwyse . Die beste is om nóú te spaar en dan geniet jy die vrugte daarvan láter . Nee , jy het nie daai nuwe kar nou nodig nie . 3 Moenie jouself doodspaar nie Ek glo ’ n gelukkige entrepreneur of salaris trekker gaan ook makliker spaar . Jy moet in jouself belê , want jy is die een wat die besigheid moet laat groei . Bederf jouself van tyd tot tyd met iets – dit maak langtermynspaar makliker . 4 Elke bietjie help Ja , dis waar : Dit maak ’ n groot verskil as jy oor ’ n lang tydperk daai ekstra R100 per maand in jou huislening betaal . Selfs net R250 per maand ekstra kan maak dat jy jare vroeër jou huislening afbetaal . 5 Begin nóú spaar Die beste tyd om te begin spaar , is gister – hoe vroeër hoe beter . En nee , dit maak nie saak hoe oud jy is nie ; dis nooit te laat nie . 6 Leer jou kinders van spaar en belê Dit is ’ n beter geskenk as ’ n nuwe fiets . Die kultuur van spaar en langtermynfinansiële sukses begin meestal in jou eie huis . Leer jou kinders van geld : Waar kom dit vandaan en wat is die beste manier om dit te ge bruik ? My pa het altyd soggens die Sake-Beeld langs my bed gesit en gesê : “ Vanaand as ek by die huis kom , gaan ek vir jou vrae vra oor wat daar staan .” ’ n Mens is nooit te jonk om te leer nie . 7 Die volgende groot entrepreneur sit dalk aan jou etenstafel ... Afrikaanse gesinne gesels omtrent nooit oor geld nie en ek glo dit is ’ n fout . Gesels met jou kinders oor jou dag by die werk en
Winslyn Dinsdae om 22:00 op kykNET , kanaal 144
Lees meer oor die jong entrepreneur Divan Botha by kykNET . tv waarheen julle besigheid op pad is . As jy ’ n entrepreneur is , maak seker jy neem jou kinders werk toe en leer hulle hoe ’ n besigheid werk . Entrepreneurs word om die etenstafel gemaak , net soos atlete op die atletiekbaan gemaak word .
15
MEI 2017 | kykNET