kykNET Mei 2017 | Page 24

Kyk die lokprent hier: youtube.com/ watch?v=Q- fu4399DqGM #JohnnyIsNieDoodNie Moenie ‘Johnny’ misloop nie D Al is die fliek Johnny is nie Dood nie eergister eers vrygestel, spog hy al klaar met ’n rak vol toekennings. Een ding is seker: Dié storie gaan die tonge laat klap. is die jaar 2002 en die musiek­ legende Johannes Kerkorrel is dood. Vier vriende kom byme- kaar en dink terug aan hulle studentedae op Stellenbosch. Hulle herleef die magiese dae van die Voëlvry-bewe­ ging – die dae van musiek deur Kerkorrel, Koos Kombuis en Bernoldus Niemand, ’n tyd van die po­li­tie­ke ontwaking van die Afrikaanse jeug. Dit is Johnny is nie Dood nie. Die fliek is gegrond op die gelyknamige drama deur Malan Steyn en is ’n storie oor vriendskap en verraad, seksuele en poli­tieke bevryding, jeugdige idealisme en middeljarige ontnugtering. Wenspan Die Silwerskerm-wenners is, van links, Herman Binge (vervaardiger), Charl-Johan Lingen- felder (musiek), Birrie le Roux (produksie-ontwerp), Christiaan Olwagen (regie, draaiboek), Albert Pretorius (akteur), Ludwig Binge (manlike byspeler) en Ilana Cilliers (vroulike byspeler). Die regisseur en draaiboekskrywer Die regisseur is Christiaan Olwagen, wat ook vir die draaiboek verantwoordelik was en ’n bekende is in teaterkringe. Johnny is nie Dood nie is sy debuut as fliekregisseur. Hy het eers met die vyf hoofspelers in ’n repetisielokaal geoefen, en later op stel soos hy met teaterproduksies sou doen. Hy glo hierdie teateraanslag was van die grootste belang vir die eindproduk. Agter die skerms Die kameraregisseur is Chris Vermaak. Wees veral op die uitkyk vir die skoot by die partytjie wat ’n volle dertien minute aaneen verfilm is. Die produksie-ontwer- per is Birrie le Roux, wat al verskeie toe­ kennings ontvang het vir haar teaterwerk. Charl-Johan­ Lingenfelder was verant- woordelik vir die klankbaan met van sy eie musiek, asook dié van onder andere Kerk­ orrel en Kombuis. Die spelers Roelof Storm is Johnny: Hy is in 2013 vir ’n Fleur du Cap-prys benoem as mees belowende student. Hy en Christiaan het al verskeie kere saam gewerk, onder meer in Dogma, A Doll’s House en Die Lelike Een. Rolanda Marais is Lise: Sy is bekend vir rolle op TV, in flieks en die teater. Sy het ’n Fiësta as beste aktrise gewen vir Die Seeumeeu (Christiaan was die regisseur). Albert Pretorius is Dirk: Albert is bekend vir TV-reekse soos Buurtwag en Vloek- steen, rolprente soos Modder en Bloed, en verhoogwerk in stukke soos Die Seeu- meeu, Playland en Wild. Ludwig Binge is Hein: Ludwig was te sien in toneel­stukke soos Balbesit, Wie Drink Wat? en Macbeth.Slapeloos, asook die TV-reekse Die Byl, Treknet en Suidooster. Ilana Cilliers is Anja: Ilana het al verskeie toekennings gewen. Sy is vanjaar by die groot kunstefeeste te sien in Piekniek by Mpande née Dingaan. Toekennings Johnny is nie Dood nie het agt toekennings gewen by die Silwerskermfees in 2016. • Beste speelfilm • Beste regisseur: Christiaan Olwagen • Beste akteur: Albert Pretorius • Beste manlike byspeler: Ludwig Binge • Beste vroulike byspeler: Ilana Cilliers • Beste draaiboek: Christiaan Olwagen • Beste oorspronklike musiek: Charl- Johan Lingenfelder • Beste produksie-ontwerp: Birrie le Roux Media “Hoewel die film spesifiek na die Afri- kaner kyk, en die klankbaan tot ’n sekere generasie spreek, glo ek dit is ’n universele fliek.” – Reney Warrington op Litnet Johnny is nie Dood nie Vanaf Vrydag 5 Mei 2017 in teaters landwyd. MEI 2017 | kykNET 25