kykNET Mei 2017 | Page 22

# SaraGeheim

MARLO

# SaraGeheim

Rustige outjie van die Hoorn

Hy was te sien in Boland Moorde en nou weer as Aiden Cloete in die nuwe dramareeks Sara se Geheim . Maar Marlo Minnaar is glad nie so nors soos van sy karakters nie , hoor !
Deur Haidee Muller
12

Marlo Minnaar is iemand wat holderstebolder in sy karakters inklim – selfs ongure karakters speel hy met absolute oortuiging . Dis dalk dié dat vreemdelinge dink hy is nors .

“ Ja , hulle dink ek is afsydig ,” sê die man wat die rol van Aiden Cloete vertolk in kykNET se splinternuwe dramareeks Sara se Geheim en ook tot onlangs in Boland Moorde te sien was . “ Nee man , ek is ’ n vriendelike bra .”
Okei-okei , soms gaan die wag voor sy mond wel vroeg met ete ...
“ I shoot from the hip , maar sal nooit mense doelbewus seermaak nie . Tog is party mense bang vir my ; hulle dink dalk ek is kras .”
Min mense weet hy is eintlik ’ n diep denker , vertel dié 27-jarige Oudtshoornkind . “ Maar ek neem myself darem nie te ernstig op nie .”
Gepraat van ernstig , daar ís een slegte Marlo-eienskap wat moet weg , meen hy . “ Ek vergeet of vergewe nie maklik nie . En ek kan nogal lank ’ n grudge hou , maar ek werk hard om dit te verander .”
Sy rol as Aiden was omtrent ’ n emosionele reis , sê Marlo . Hy moes diep binne homself gaan krap .
“ Aiden is die oudste seun van Maggie Cloete ( Lee-Ann van Rooi ). Die storie gaan oor drie families en hulle geheime . Aiden , ’ n student , word die meeste daardeur geraak . Hy word vals beskuldig en moet sy naam in ere herstel .”
Een van sy eie grootste vrese is om vals beskuldig te word . “ En hier moes ek nou só iemand speel . Op die ou end soek Aiden ook maar net sy ma se waardering en aanvaarding .”
MARLO IS ’ N MA-KIND . Dié middelseun van Maureen en Christopher het op Oudts hoorn grootgeword , maar is op Grootfontein in Namibië gebore waar sy ma se mense steeds woon .
“ Ek noem my ma my tjomma . Ons is baie geheg aan mekaar , nou meer as ooit tevore .” Pa Christopher is ’ n afgetrede samma joor en het in die laat jare tagtig met sy gesin na Oudtshoorn se weermagbasis getrek .
“ Dit was lekker dae , maar hy was streng .
kykNET | MEI 2017