kykNET Mei 2017 | Page 2

i nhoud MEI 2017 4 | Ghoemas Ons wys eksklusiewe foto’s van al die wenners en die glans-aand! 8 | Leef jou Reis Con Grazia Ghoemas maak geskiedenis Joshua n a die Reë n W elkom by die tweede maande- likse uitgawe van kykNET se Digityd, ons digitale tydskrif wat ook in druk verskyn, en ’n baie groot dankie vir die oorweldigende positiewe terugvoer. Die kykNET-span poog om in alles wat ons aanpak vir ons kykers – én lesers – net die beste te gee. Die jaar het op ’n galop weggespring en mens kan skaars glo dit is al herfs. Die Ghoemas en die Suidoosterfees wat so op mekaar se hakke gebeur het, het ons opnuut bewus gemaak van die ongeloof- like talent in Suid-Afrika. Die Ghoemas het vanjaar geskiedenis gemaak en ’n nuwe era in ons musiek- bedryf ingelui. Dié jaarlikse toekennings het gewys Afrikaans kan pop en rock, alternatief wees en hip-hop; en dat jong talent uit die uithoeke van Suid-Afrika met gevestigde kunstenaars kan mee­ ding. Deur kykNET se betrokkenheid die afgelope vyf jaar by die Ghoemas wil ons Afrikaanse musiek help ontgin en sy volle potensiaal laat bereik. Ons is beslis op die regte pad! In Mei wag daar verskeie hoogtepunte op al drie kykNET-kanale. Kykers sit vasgenael en wonder oor al die geheime in Sara se Geheim en byt naels met elke episode van Kokkedoortjie. Indien jy reekse soos Getroud met Rugby, die sepie, en Die Boekklub misgeloop het, kan jy nou rustig inhaal op kykNET&Kie. En as jy regtig wil weet wat in die land en die wêreld aangaan asook die beste menings wil hoor, is daar kykNET Verslag en die ryk oes van aktuele programme wat ons bied. Geniet hierdie uitgawe en laat hoor asseblief weer van julle! Tot volgende maand. Karen en die kykNET-span Uitgewer: In Context Redakteur Ilza Roggeband Besturende redakteur Peter van Noord Kunshoof Monique Mouissie Vir kykNET Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Hoof van bemarking en publisiteit: kykNET-kanale Angerie van Wyk Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter kyknet.co.za @kykNETtv kykNET | MEI 2017 kykNETtv Medewerkers Haidee Muller, Heleen Meyer, Lindie Stander, Esther von Waltsleben, Gerda Engelbrecht Foto’s verskaf deur kykNET (tensy anders vermeld) Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] 2 Teksredigering Peter van Noord, Johan van Zyl en Marian van Wyk kykNETtv Vir die nuwe reeks wou Gerrie Pretorius met alle mag Tristan da Cunha toe, ’n reis wat lewensgevaarlik sou wees… 11 | Getroud met Rugby Hier is alles wat jy moet weet – die sepie se goue seuns, engele en rugstekers 12 | Sara se geheim Marlo Minnaar is eintlik ’n diep denker en ‘vriendelike bra’ 15 | Winslyn Laat jou spaarvark se pensie bult met Divan Botha se spaarwenke 16 | TV-skedules Só weet jy altyd wat wys wanneer op al drie die kykNET-kanale 25 | Johnny is nie dood nie Dié fliek het agt toekennings losgeslaan en gaan die tonge laat klap 26 | Vlyt-Vlyt Michelle Holtzhausen se kreatiewe planne en inkleurblad sal jou lekker besig hou 28 | ShowMax Kyk al jou kykNET-gunstelinge, waar jy ook al in die wêreld is 30 | Die Groot Ontbyt Pak tjoef-tjaf ’n gesonde kosblik vir die gesin met dié maklike tuna-en- mieliekoekies 32 | Rubriek Lindie Stander oor grootmens speel en ander irritasie(tjies) 32 | Wie is ek? Weet jy wie is dié baba? 33 | Blokraai Kry die verskuilde woord en wen R1 000 se Checkers-koopbewyse 34 | Rubriek Spesiaal vir Moedersdag: Esther von Waltsleben verruil haar Alek se terrible twos vir niks ter wêreld nie MEI 2017 | kykNET 3